Dié lande het waarskynlik grootste ekonomieë in 2030
Volgens die voorspelling gaan China reeds teen 2020 die wêreld se grootste ekonomie wees.
Sewe van die wêreld se tien top-ekonomieë gaan teen 2030 uit vandag se ontluikende lande bestaan.
Dié voorspelling vir ’n opskudding van die ranglys oor bruto binnelandse produk (BBP) kom uit die Britse beleggingsbank Standard Chartered se langtermynramings vir die toekoms.
Volgens die voorspelling gaan China reeds teen 2020 die wêreld se grootste ekonomie wees op grond van ’n koopkragpariteit-wisselkoers en nominale BBP.
Indië se ekonomie sal waarskynlik ook teen 2020 groter as Amerika s’n wees op ’n koopkragpariteit-grondslag, terwyl Indonesië teen volgende jaar die lys van vyf grootste ekonomieë sal betree.
“Ons langtermynvoorspellings oor ekonomiese groei is onderskraag deur een kernbeginsel: Lande se deel van die wêreld-BBP moet uiteindelik saamval met hul deel van die wêreldbevolking, gedryf deur die konvergensie van die BBP per capita tussen gevorderde en ontluikende ekonomieë,” het Standard Chartered-ekonome gelei deur David Mann in ’n ontleding geskryf.
BEVOLKINGSGETALLE
Die bevolkings van die groot ontluikende lande:
· China: 1,386 miljard
· Indië: 1,339 miljard
· Indonesië: 264 miljoen
· Brasilië: 209,3 miljoen
· Turkye: 79,81 miljoen
Hulle voorspel dat Indië se jaarlikse ekonomiese groeikoers tot 7,8% teen die 2020’s sal versnel, terwyl China se groeikoers sal verlangsaam en op ’n matige 5% teen 2030 sal stabiliseer weens ’n normale verlangsaming in ekonomieë van sulke groottes.
Asië se deel van die wêreld se BBP het laasjaar tot 28% vanaf 20% in 2017 gestyg en sal waarskynlik teen 2030 op 35% staan. Dit sal dit vergelykbaar maak met die ganse eurogebied en Amerika saam.
BEVINDINGS
Standard Chartered se ekonome het ook ’n paar verdere bevindings gemaak:
· Afnemende momentum vir hervorming in ontluikende markte beïnvloed produktiwiteitsgroei toenemend negatief.
· Die einde van die era van kwantitatiewe verruiming kan beteken dat daar meer druk op ekonomieë is om die produktiwiteit te verbeter.
· Die middelklas is op ’n keerpunt, met ’n meerderheid van die wêreld se bevolking wat teen 2020 dié inkomstegroep sal betree.
· Die groei van die middelklas, wat gedryf word deur verstedeliking en opvoeding, behoort die gevolge van die vinnige veroudering van die bevolking in baie ekonomieë – insluitend China – te help teenwerk. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie