Dié Blitse moet SA se WB-droogte breek
Sewesrugby
George Germishuys - Sal die ervaring wat opgedoen is in die verowering van die Wêreld-sewesreeks vanjaar vir iets tel in 'n Wêreldbeker-drukkoker, of sal jeugdige voortvarendheid help om die Melrose-beker vir die eerste keer 'n staanplek in Suid-Afrika te gee?
Dít is die vraag wat gevra kan word nadat die Blitsbokke se Wêreldbeker-span gister bekend gemaak is.
Uit die 12 spelers wat later vandeesmaand in die Groen-en-goud in San Francisco, Kalifornië, sal diens doen, het slegs een speler, die kaptein Philip Snyman, vorige ervaring van 'n Wêreldbeker-toernooi. Hy word ook die eerste Blitsbok wat die span in drie Wêreldbekertoernooie verteenwoordig.
Die Blitsbokke se WB-groep: Ryan Oosthuizen, Philip Snyman (k), Dylan Sage, Zain Davids, Werner Kok, Heino Bezuidenhout, Dewald Human, Rosko Specman, Justin Geduld, Selvyn Davids, Siviwe Soyizwapi, Ruhan Nel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie