DHPS hou makietie

Lloyd Zandberg
Die Deutsche Höhere Privatschule hou op Saterdag 29 Februarie ’n Career Fair and Summer Festival.

Die loopbaanekspo, voorheen bekend as Opedag, gaan hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aanhê.

Die skool is ywerig met die beplanning en organisasie van die bedrywighede besig.

Die skool gaan op dié dag tussen 09:00 en 12:00 in die kalklig wees met onder andere opwindende eksperimente in die laboratorium en deur insig in die leerlinge se kuns te verkry.

“Ons wil aan besoekers die geleentheid bied om werklik ons skool te leer ken,” het me. Conni Hecht, hoof van die primêre afdeling en lid van die organisasiekomitee, gesê.

Die loopbaanekspo maak dit moontlik vir die skoolgemeenskap en ander belangstellendes om die verskillende departemente, prioriteitsareas en vakke diepter te verken.

Daar sal iets vir elke ouderdomsgroep wees – van inligting oor die primêre afdeling, taalbevordering deur sokker, loopbaanadvies, die geleenthede wat die Duitse Internasionale Abitur- en Cambridge-sertifikate in die toekoms kan bied, skakeling met die alumni en musiekhoogtepunte.

Die loopbaanekspo en somerfees word deur die kleuterskool, preprimêr-afdeling, koshuis en die kinder- en jeugsentrum aangebied.

Verskeie aktiwiteite word aangebied en smullekker versnaperings sal te koop aangebied word.

‘n Hindernisbaan en springkasteel is van die pret wat op besoekers wag. Die geleentheid word by die kleuterskool-, preprimêr- en koshuisgronde gehou.

Die skoolkoor en –orkes sal die vermaak verskaf.



Die gesin kan vanaf 10:00 tot 15:00 by die DHPS se loopbaanekspo en somerfees kom kuier.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!