Deysel tot 13 Maart geskors
Rugby
Andrew Poolman – Die senter Johan Deysel sal nie voor middel Maart weer vir sy Franse klub Colomiers in oorweging wees nie.
Die Namibiese kaptein is ’n skorsing van vyf weke opgelê toe sy tugverhoor eergisteraand gehou is, na aanleiding van die rooi kaart wat hy twee weke gelede teen Biarritz gekry het.
Deysel is van die veld gestuur nadat hy ’n boorvat op sy direkte teenstander, die voormalige All Black-senter Francis Saili, uitgevoer het.
Dié insident was aan die einde van vyf malle minute vir Colomiers, waarin hulle twee rooi kaarte en ’n geel kaart op die lyf geloop en tot net 12 spelers op die veld beperk is. Colomiers het moedig aanhou veg, maar uiteindelik met 33-16 gewen.
Tydens Deysel se tugverhoor is hy skuldig bevind aan gevaarlike spel deurdat hy die baldraer in die lug opgetel en met sy kop of bolyf eerste die grond laat tref het.
Die gemiddelde straf vir ’n oortreding van hierdie ernstige aard is ’n skorsing van tien weke. Deysel se skoon dissiplinêre rekord is egter in berekening gebring en hy is gevolglik vyf weke geskors.
Die Pro D2-ligawedstryde wat Colomiers sonder hom sal moet speel, is teen Beziers (gisteraand, tuis), wegwedstryde teen Nevers (25 Februarie) en Grenoble (7 Maart), asook die tuiswedstryd teen Valence-Romans (12 Maart). Laasgenoemde is die klub vir wie Deysel se landgenoot Pieter-Jan van Lill speel.
– [email protected]
FOTO
’n Skermgreep van die uitsaaier Icon Sport se beeldmateriaal van Johan Deysel se boorvat op die gewese All Black Francis Saili.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie