Deysel kaptein vir Uganda-toets
Deysel kaptein vir Uganda-toets

Deysel kaptein vir Uganda-toets

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - 'n Nuwe kaptein in senter Johan Deysel en 'n vyftigste toetswedstryd vir heelagter Chrysander Botha, is die opvallende aspekte van Namibië se nasionale rugbyspan wat môre sy aanslag op die Rugby Afrika Gouebeker van stapel stuur.

Namibië is sedert 2014 die titelhouer, maar vanjaar se toernooi beloof ekstra hitte omdat dit vir die wenner 'n plek na die 2019 Wêreldbeker sal bespreek.

Afrigter Phil Davies het sy vertroue in Deysel as die nuwe spanleier gestel, met Rohan Kitshoff dié keer op die reserwebank en Renaldo Bothma nog nie volkome van die krukkelys af nie.

“Ons het die afgelope jare en maande hard gewerk om die diepte te vergroot van Namibies gebaseerde spelers wat op toetsvlak kan meeding. Ons wil ook diepte in ons leierskap ontwikkel en hoewel ons ook vorige kapteins soos Rohan en Pieter-Jan van Lill in die groep het, wou ons iemand nuut vind wat in die agterlyn die rol kan vertolk.

“Met Johan se ondervinding en die respek wat hy in die groep afdwing en die voorbeeld wat hy op en van die veld stel, is hy vir ons 'n perfekte keuse,” het Davies gister op 'n nuuskonferensie gesê.

“Johan is ook jonk genoeg (26) om in die volgende twee WB-siklusse tot die span by te dra en is 'n uitstaande speler. Ons sien uit om sy groei in die rol te sien.”

Volgens Davies sal Namibië die ganse toernooi soos vyf opeenvolgende eindstryde benader om enige piesangskille te vermy.

“Elke wedstryd is deurslaggewend en die eerste wedstryd is veral van massiewe belang. Namibië is aan die verbeter, maar Uganda is ook 'n goed afgerigte span wat veral van teenaanvalle hou. Ons sal dus baie beheersd in ons benadering moet wees, want los situasies kan gevaarlik wees. Ons wil graag vanaf die eerste dag momentum opbou.”

Davies is opgewonde oor die nasionale span se twee aanwinste uit Engeland – vleuel Lesley Klim en slot Tjiuee Uanivi.

“Tjiuee is fiks en het die afgelope tyd gereeld vir London Scottish gespeel. Hy speel altyd goed vir Namibië, terwyl Lesley 'n fantastiese voorbeeld is van iemand wat sy rugby hier gespeel het en ook sy kans in Europa aangegryp het. Sy klub Doncaster is in die koudste deel van Engeland, die noorde, maar hy het goed genoeg presteer om nou op pad na God se gunsteling land Wallis te wees – afgesien van Namibië, natuurlik.

“Lesley se tweejaarkontrak met Ospreys is 'n fantastiese geleentheid en 'n beloning vir 'n goeie seisoen.”

Deysel het gesê dis 'n massiewe voorreg en eer om as kaptein aangewys te word.

“Soos ek vir coach Phil gesê het, ek sal my honderd persent gee. Ten minste het ons baie ervaring en leierskap in die span, soos hy reeds uitgewys het. 'n Positiewe begin is baie belangrik vir die kompetisie wat voorlê, om vroeg in die ritme te kom en momentum op te bou.

“Soos ons weet, is Uganda 'n goeie span, maar ons is gereed vir hulle.”

Deysel sal in sy eerste toets vir Namibië speel vandat hy gedurende Junie 2017 in Montevideo sy arm teen Spanje gebreek het.

Hy het gister sy pa Johan senior, wat ook van 1990 tot 1992 die Namibiese sentertrui in 16 toetse gedra het, as 'n groot invloed op sy loopbaan uitgesonder.

“Hy het my in die laerskool (Pionierspark) en by Windhoek Hoërskool afgerig en gee nog gereeld terugvoer op my vertonings. Dit is vir my 'n puik geleentheid om in syvoetspore te volg.”

Volgens Deysel is die spangees weer sterk vandat die spelers van oraloor byeengekom het vir 'n weeklange oefenkamp op Stellenbosch verlede week.

Twee van verlede jaar se nasionale o.20-spelers sal op die reserwebank gereed sit om in hul toetsdebuut hul merk te maak. Die beweeglike stut André Rademeyer van Maties se groot kans is deur beserings aan AJ de Klerk en Nelius Theron verhaas, terwyl losskakel PW Steenkamp 'n vonds in die SuperSport uitdaagreeks was en ook 'n bedrewe heelagter is.

Leneve Damens, Johann Tromp en David Philander is ook weens skete buite rekening, terwyl ander spelers in die oefengroep vir die naweek onbeskikbaar is of vrygestel is vir die Windhoek Draught Welwitschias se laaste wegwedstryd in die SuperSport-reeks teen die Pumas.



NAMIBIë (teen Uganda)

15 Chrysander Botha (Kudus)

14 Lesley Klim (Doncaster)

13 Johan Deysel (kapt, Sharks)

12 Darryl de la Harpe (Western Suburbs)

11 JC Greyling (Wanderers)

10 Cliven Loubser (Tuks)

9 Eugene Jantjies (Western Suburbs)

8 PJ van Lill (Bayonne)

7 Janco Venter (Maties)

6 Wian Conradie (UJ)

5 Tjiuee Uanivi (London Scottish)

4 Ruan Ludick (Wanderers)

3 Aranos Coetzee (Cheetahs)

2 Obert Nortjé (Unam)

1 Casper Viviers (Bobigny, Frankryk)

Reserwes: 16 Louis van der Westhuizen (Pukke), 17 André Rademeyer (Maties), 18 Desiderius Sethie (Unam), 19 Johan Retief (Pukke), 20 Rohan Kitshoff (Wanderers), 21 Damian Stevens (Sharks), 22 PW Steenkamp (Welwitschias, UJ), 23 Justin Newman (Pukke).

• Ondersteuners wat nie self die wedstryd kan bywoon nie, kan die Facebook-blad van Kwesé ESPN dophou, wat sover bekend van alle wedstryde in die kompetisie regstreekse videostroom sal verskaf.

Môre se openingswedstryd sal ewe insiggewend wees, wanneer die “nuwe”, post-Mugabe Zimbabwiese span onder afrigterskap van Peter de Villiers sy aanslag met 'n tuistoets in Harare teen Marokko begin (afskoptyd 13:25).

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026