Deursigtigheid die wagwoord
Sokker
Die nuwe uitvoerende komitee van die Namibiese Sokkervereniging (NFA) het die afgelope naweek sy eerste amptelike vergadering in die hoofstad gehad.
Die komitee wat in Februarie verkies is, het Saterdag besluit om mnr. Franco Cosmos, die waarnemende sekretaris-generaal, se kontrak tot Desember 2020 te verleng. Indien ’n nuwe sekretaris-generaal aangestel word, sal dié eers volgende jaar sy pligte opneem.
Mnr. Ranga Haikali, president van die NFA, sê: “Die nuwe sekretaris-generaal sal op 2 Januarie 2021 amptelik in diens tree. Die posisie sal deur die NFA geadverteer word, maar die onderhoude en aanbevelings sal ter wille van deursigtigheid deur ’n onafhanklike liggaam behartig word.
Haikali reken die proses sal binne die volgende drie maande begin. Die poste van finansiële bestuurder en tegniese direkteur sal ook geadverteer word. Intussen sal die tegniese afrigtingspan van die Brave Warriors en Brave Gladiators tot aan die einde van die huidige finansiële jaar van Fifa onveranderd bly.
Die president sê die rol van ’n noodkomitee is bespreek om dringende sake te hanteer wat tussen uitvoerende komiteevergaderings aandag moet geniet.
“Ons neem kennis van prosedures by die Hof vir Arbitrasie in sport (CAS) in Switserland wat nog nie afgehandel is nie. Ons het ingestem dat die CAS die aansoek van die Namibiese Premierliga moet afhandel,” het Haikali vertel.
Die finansiële state vir 2018-’19 is vir goedkeuring na ’n buitengewone vergadering uitgestel wat op 18 Julie 2020 gehou sal word.
Kompetisies soos die Namibian Newspaper-beker of kwalifiserende Wêreldbeker- en CHAN-wedstryde waarby die NFA betrokke is, het ook onder die loep gekom. Weens die snel veranderende Covid-19-landskap sal die NFA ongelukkig vir riglyne in die verband moet wag.
Die uitvoerende komitee het glo verskeie bestaande NFA-beleide onder oë geneem en goedgekeur. Aan sommiges sal geringe wysigings aangebring word alvorens dit deur die spesiale kongres goedgekeur kan word.
Al tien uitvoerende lede was teenwoordig, maar die geskorste NPL was nie daar nie. Die NPL se posisie sal by die spesiale kongres in Julie heroorweeg word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie