Deurbraak teen 'veediefstalsindikaat'

Boere rondom Okahandja het die afgelope maande tot 200 beeste aan ’n vermeende veediefstalsindikaat verloor wat glo vanaf ’n hervestigingsplaas bedryf word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die polisie, in samewerking met private teenstropingseenhede en streekwagte, is warm op die spoor van 'n vermeende veediefstal­sindikaat op die Gross Barmen-Okahandja-pad.

Dit volg nadat twee mense sedert verlede Donderdag op die ­herves­tigingsplaas Rüdenau-Nord in dié omgewing in hegtenis geneem is, van wie een glo 'n werknemer

van ­NamWater is en ook die hoofverdagte.

Mnr. Butzi Kühne, ondervoorsitter van Karibib se streekwag, sê die ­Namibiese polisie, die teenstropingseenhede van Okahandja en Karibib asook laasgenoemde se streekwag werk tans saam om lede van 'n “veediefstalnetwerk” vas te trek.

'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat gesteelde vee se brandmerke verwyder word, waarná hulle iewers weggesteek word tot die wonde gesond raak.

Oor gerugte dat die gesteelde vee onder meer by die Swakoppoort- en Omatakodam weggesteek word, sê Kühne: “Dié word nog ondersoek; ons kan nog nie met sekerheid sê nie. Ons voetverkenners is tans besig om die gebied by Swakoppoortdam te verken.”

Hy sê die gebied is groot en die terrein onbegaanbaar. “Nadat ons Donderdag begin toeslaan het, sien ons nou tekens dat die beeste oornag 'wegraak' of verskuif word. Ons hoop om dringend hulp in die vorm van 'n helikopter in te kry, want dit is al hoe ons 'n houvas op die situasie sal kan kry,” het hy gesê.

Hy sê een van die betrokkenes het wel oor 'n NamWater-voertuig asook sleutels vir toegang tot die damme beskik.

“Ons vermoed hierdie is 'n groot netwerk. Ons het afgekom op beeste met wie se brandmerke erg gepeuter is.

“Die stuk vel met die brandmerke op is met 'n mes uitgesny. Vermoede­lik word die beeste weggesteek tot dié wond genees en dan word 'n nuwe brandmerk gemaak. Anders is

daar met bestaande brandmerke gepeuter.

“Dit, op sigself, is onwettig; jy mag nie met 'n brand peuter nie. As jy 'n bees koop, moet jy die brandmerk elders maak – daar is ses voorgeskrewe plekke waar beeste dié brandmerke kan kry.

“Die diewe se werkwyse is ook baie wreed,” het Kühne gesê.

Kühne meen die netwerk van veediewe opereer waarskynlik al vir jare. “Ons vermoed net oor die afgelope drie maande is minstens 200 beeste in die omgewing van Rüdenau-Nord gesteel.

“Een van die boere in die omgewing sê hy het reeds meer as 130 beeste verloor; nog een het 60 beeste in die laaste twee maande verloor en 'n derde het 30 verloor,” sê Kühne.

Kühne sê die Karibib-streekwag is reeds wyd bekend vir hul baanbrekerswerk teen stroping en veediefstal, maar word beperk omdat hulle grootliks alles uit hul eie sakke moet doen. “Ons het 'n sterk behoefte aan finansiële steun; ons private voertuie loop deur,” het hy gesê.



NAMWATER

NamWater se woordvoerder, mnr. Johannes Shigwedha, het op navrae gesê hulle is nie in 'n posisie om hulle oor die vermeende oortredings deur die NamWater-werknemer uit te laat nie.

“Die saak is nou by die polisie. Ek wil dit net op rekord stel dat daar nie van 'n NamWater-voertuig gebruik gemaak is tydens die misdade nie,” het hy gesê.



ONUITHOUDBAAR

Mnr. Hakkies Husselman, wat naby Rüdenau-Nord in die Gross Barmen-omgewing boer, sê die situasie met vee- en wilddiefstal in hul omgewing is onuithoudbaar.

“Ons word bankrot gesteel. Sowat 25 van my Persieskape is twee maande gelede gesteel. Dit is skade van nagenoeg N$60 000, als op een slag weg.

“Toe ons agterkom die skape is weg, het ons die spoor gevolg en die volgende dag op die diewe afgekom waar hulle die skape sommer so langs die pad gesit en slag het.

“Ons praat ook nie eens van die wild wat gestroop word nie. Hier is nie 'n enkele gemsbok meer oor nie,” het Husselman gesê.

Hy sê een van die boere in die omgewing het nou al 'n permanente wag aangestel om die pad te patrolleer.

Husselman sê die omgewing is 'n paradys vir stropers en veediewe, want daar is nie 'n padblokkade nie en dit is maklik om gesteelde of geslagte diere op te laai en net eenvoudig te verdwyn.

“Ons bel ook nie meer die polisie nie. Daar is altyd verskonings waarom hulle nie kan uitkom nie – soos byvoorbeeld dat hulle nie 'n kar het nie of besig is om 'n ander saak te ondersoek. Al kom hulle uit, kom daar niks van nie.

“As die diewe nie op heterdaad betrap word en teenstropingseenhede bring die polisie saam met hulle uit nie, gebeur niks nie.

“Al word veediewe gevang, kom hulle in elk geval net daarna weer op borgtog uit.

“Jy as boer kan niks doen nie; jy kan ook nie optree teen die diewe nie. Jy moet aanvaar jy boer vir die samelewing en jy sal kort-kort jou vee verloor,” het Husselman gesê.

Husselman sê hy is ook bekommerd oor sy gesin se veiligheid. “Ek hoop dit gebeur nooit dat ons lewens bedreig word en dat ek enige mens uit selfverdediging moet skiet nie. Ek wil nooit enige ander mens moet skiet nie.

“Die realiteit is ook, sou jy iemand skiet, gaan jy dadelik tronk toe en daar word eers later besluit of jy skuldig of onskuldig is.

“Die wet beskerm die misdadiger en ons wat 'n eerlike bestaan probeer maak, belasting betaal en werk aan ander mense verskaf, ons betaal die prys.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026