Desert Jewels begin met pasella
Die vertraagde aankoms van die Keniaanse netbalspan het meegebring dat hulle hul openingswedstryd teen Namibië se Desert Jewels prysgegee het op die eerste dag van die Debmarine Pent-reeks in Windhoek. 'n Oorwinning van 25-0 is gevolglik aan Namibië toegeken. In gister se ander twee wedstryde het Uganda gewys hoekom hy as 'n krag in Afrika uitstaan, met sy sege van 76-22 teen Zambië, terwyl Malawi met 56-38 sy eerste wenpunte opgeëis het. Vandag se skedule by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege se baan: Malawi teen Uganda 12:00; Zimbabwe tn Kenia 14:00; Namibië teen Zambië 16:00. Die Desert Jewels se latere wedstryd is môre teen Malawi (14:00), Donderdag teen Zimbabwe (16:00) en Vrydag teen Uganda (13:00). Foto Limba Mupetami
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie