Dertien uit 16 Covid-19-gevalle herstel ten volle
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula sê nog ‘n persoon (Namibië se sewende geval) het ten volle van Covid-19 herstel. Dit bring die totaal nou op 13 uit die bevestigde 16 gevalle. Volgens Shangula is 2 074 weefselmonsters tot op hede getoets. Hiervan is 129 gister (Donderdag) getoets waarvan die uitslag vir elkeen negatief was. Shangula sê 243 kontakte word gemonitor en tans is 578 mense in kwarantyn in die land.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie