Denel se werknemers opnuut op hul knieë
Aftrekkings het glo nie by werkers se pensioen- of mediese fonds uitgekom nie.
William Horne – Werknemers van die staat se wapentuigvervaardiger het Dinsdag nog ’n klap in die gesig gekry toe hulle ingelig is aftrekkings van hul laat salaris verlede maand, het nie by hul pensioen- of mediese fonds uitgekom nie.
In ’n interne nuusbrief van Denel se aftreefondsbestuurder wat Netwerk24 gesien het, is personeel ingelig al is dié geld van hul salaris afgetrek, het dit nooit by hul pensioen- en mediese fonds uitgekom nie.
Werknemers is dus gewaarsku dat aangesien die spertyd van 7 Julie vir enige betalings vir Junie se bydraes gemis is, kan geen voordele tans verwerk word nie.
“Geen sterfte-in-diens- en mediese ongeskiktheidsvoordele, bedankingsvoordele, beleggingsopbrengs-kennisgewings en enige ander voordele soos voorsien word deur die fonds se reëls, is tans betaalbaar nie,” lui die interne aftreefondsnuusbrief.
Die vakbond Uasa het dié brief Woensdag beskryf as “nog ’n bom op die werknemers”.
Verlede maand het Denel se personeel óp betaaldag (25 Junie) uitgevind hulle kry net 85% van hul salaris weens Denel se likiditeitsprobleme.
’n Noodlening is toe aangegaan en die oorblywende 15% van werkers se salarisse is op 28 Junie betaal.
Volgens Stanford Mazhindu, woordvoerder van Uasa, het Denel dadelik onder meer dié vakbond Woensdag genooi vir ’n dringende vergadering om die jongste krisis te bespreek.
Dié vergadering het reeds om 13:00 Woensdag begin, en was teen 17:00 nog nie afgehandel nie.
Mazhindu sê as Denel nie ’n baie goeie rede kan verskaf oor hoekom die betalings nie gemaak is nadat dit wel van die salarisse afgetrek is nie, is dit “gelykstaande aan bedrog”.
By navraag was Denel se woordvoerder of bestuurslui nie onmiddellik beskikbaar vir gedetailleerde kommentaar nie. Hulle het wel ’n verklaring uitgereik waarin gesê word “die bestuurslui werk onvermoeid om die situasie reg te stel”. Hierin word ook verduidelik die probleem spruit deels uit die kontantvloeiprobleme by Denel.
Denel het intussen die regering om ’n kontantinspuiting van R2,8 miljard gevra om uit sy finansiële krisis te kom en hom te help om lonende uitvoertransaksies te beklink.
Danie du Toit, uitvoerende hoof van Denel, wat laat in 2018 aangestel is om ’n omkeerplan by Denel in werking te stel, het verlede week gesê dié plan is op koers.
In sy verklaring Woensdag sê die maatskappy hy onderhandel met verskeie banke vir oorbruggingsfinansiering totdat die reddingsboei later in die jaar hopelik realiseer.
Hy bly ook in regstreekse kontak met die aftreefonds en sy werknemers totdat die huidige krisis reggestel is.
Die aftreefonds bevestig dat Denel boetes asook rente op die agterstallige bydraes sal moet betaal sodra die betaling wel geskied.
Denel se salarisrekening beloop sowat R150 miljoen per maand, volgens Du Toit.
· Teen die tyd van publikasie was die vergadering tussen Denel en die vakbonde nog aan die gang. Enige nuwe inligting sal bygewerk word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie