Delta-variant in Namibiu00eb
Delta-variant in Namibiu00eb

Delta-variant in Namibië

Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het bevestig die Delta-variant is in 17 uit 18 weefselmonsters gevind wat ontleed is. Die weefselmonsters is in Mei en Junie geneem van bevestigde Covid-19-gevalle in die Khomasstreek. Die variant kom reeds in 98 lande wêreldwyd voor en is beduidend meer oordraagbaar as ander variante.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer