• Tuisblad
  • Sake
  • Deloitte gedagvaar oor Steinhoff, vrae oor SA

Deloitte gedagvaar oor Steinhoff, vrae oor SA

Weens die misleidende finansiële state wat met Deloitte se ongekwalifiseerde ouditverslag gepaard gegaan het, het Steinhoff se beleggers miljarde euro se verliese gely, sê Armand Kersten.
Nellie Brand-Jonker - Deloitte van Nederland is nou gedagvaar deur ’n organisasie wat Europese beleggers verteenwoordig vir die verliese wat Steinhoff-aandeelhouers gely het.

Boonop word daar ook nou vrae gevra oor Deloitte Suid-Afrika se rol in die maatskappy se finansiële state wat reeds teruggetrek is.

Die groepgeding deur Deloitte is deur die Vereniging van Effectenbezitters (VEB) aanhangig gemaak wat reeds in Februarie vir Steinhoff gedagvaar het.

Die VEB het in April gesê hy het ingevolge die Nederlandse reg ’n kennisgewing van aanspreeklikheid aan Deloitte gestuur.

Die dagvaarding is nou die volgende stap in die regsproses.

Armand Kersten, ’n woordvoerder van die VEB, het in ’n verklaring gesê Deloitte het verkeerdelik ’n ongekwalifiseerde ouditmening oor Steinhoff se finansiële state van 2016 uitgespreek. Deloitt het sy pligte ingevolge ouditwette “ernstig versaak”.

“Weens die misleidende finansiële state wat met Deloitte se ongekwalifiseerde ouditverslag gepaard gegaan het, het Steinhoff se beleggers miljarde euro se verliese gely,” het Kersten gesê.

Steinhoff het op 6 Desember aangekondig sy jaarstate vir 2017 gaan nie uitgereik word nie en dat ongerymdhede met sy boeke ondersoek moet word. Markus Jooste, uitvoerende hoof, het dieselfde dag bedank en dit het later aan die lig gekom dat hy na bewering nie sekere vrae van die ouditkomitee van Steinhoff kon beantwoord nie.

Volgens Kersten het die val in Steinhoff se aandeelprys sedertdien meer as €14 miljard se markwaarde uitgewis.

Kersten het gesê Steinhoff is onseker oor die werklike waarde van meer as €8 miljard se bates in sy finansiële state.

Kort daarna op 13 Desember het Steinhoff aangekondig sy finansiële state vir 2016 moet gewysig word. Deloitte het dieselfde dag sy ongekwalifiseerde ouditverslag teruggetrek.

“Groot twyfel bestaan of Deloitte genoeg insig in die boeke gehad het om die waardasie van Steinhoff se eiendom, verkrygde maatskappye en verwante klandisiewaarde te ontleed.

“Boonop is dit onduidelik hoe die ouditeur Steinhoff se kontantposisie kon goedkeur soos dit in die finansiële state getoon is.”

Die VEB voer aan die Deloitte-ouditeur wat verantwoordelik was vir die groep se oudit het ook nie die toepaslike vlak van professionele skeptisisme toegepas ten opsigte van die prosedures wat deur ander ouditeure (van die groep se filiale) gevolg is en ingedien is nie.

“In die lig van die wye verskeidenheid onreëlmatighede wat oor baie jare heen voorgekom het, kan daar ook vrae gestel word oor die gehalte van die oudit wat van Deloitte & Touche South Africa aan Deloitte Accountants B.V. in die lente van 2016 oorgedra is.”

Steinhoff International het einde Desember 2015 in Frankfurt sy hoofnotering gekry.

Deloitte van Suid-Afrika was vir baie jare sy ouditeur in Suid-Afrika waar hy voorheen sy hoofnotering gehad het.

Die VEB is ’n Nederlandse vereniging vir beleggers wat al in 1924 gestig is.

Deloitte kon nie teen die spertyd reageer nie.

Ander ondersoeke oor Deloitte

1. Die Nederlandse Authority for the Financial Markets (AFM) het op 17 Desember aangekondig hy ondersoek die oudits wat Deloitte oor die finansiële state van Steinhoff uitgevoer het.

2. Suid-Afrika se Onafhanklike Reguleringsraad van Ouditeure (Irba) het einde Februarie gesê sy aanvanklike hersiening van Deloitte se ouditlêers vir 2014, 2015 en 2016 oor Steinhoff het dinge aan die lig gebring wat verdere ondersoek gaan verg. Irba het reeds op 15 Desember aangekondig hy het begin met ’n ondersoek oor Deloitte Suid-Afrika se oudits vir 2014 tot 2016. Deloitte Suid-Afrika was die ouditeure van Steinhoff International Holdings. In Maart het Irba gesê hy kyk ook nou na Steinhoff se jaarstate vir 2012 en 2013 omdat die probleme dalk toe reeds begin het. Lees hier Steinhoff probleme het dalk al in 2012 begin. Die maatskappy was ten tyde van die oudits vir 2014 en 2015 die een wat sy hoofnotering op die JSE gehad het. Nadat sy hoofnotering na Nederland geskuif het, hou die 2016-oudit van Deloitte Suid-Afrika met die plaaslike filiale van die groep verband. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%