Dekade van trots en vriendskap vir Affies
Dekade van trots en vriendskap vir Affies

Dekade van trots en vriendskap vir Affies

Die Gentleman's Cup het sy babaskoene ontgroei en het oor die afgelope tien jaar 'n gesogte toernooi op beide skole se almanakke geword.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die jaarlikse Gentleman's Cup tussen die krieketspanne van Windhoek Afrikaanse Privaatskool en Curro Windhoek Gimnasium het gisternamiddag by die Affies-sportveld in Pionierspark begin, maar bereik vandag sy hoogtepunt.

Byna die ganse skole ding op die krieketveld mee – van die laerskool- en hoërskoolkinders tot die onderwysers. Sedert gisteroggend agtuur was daar reeds wedstryde tussen die onder 11B's, o.11A's, die tjokkers en selfs die onderwysers, manlik en vroulik.

By 'n geesvanggeleentheid gisteraand tussen die skole sou onder meer die vorige jare se eerstespankapteins tesame met vanjaar se eerste spanne bekend gestel word.

Alles bou op na die hoofwedstryd (20 boulbeurte per span) tussen die skole se o.19A-spanne wat om 13:30 vandag by Affiespark begin. Dit word voorafgegaan deur die o.13A's (07:30) en die o.15A's (10:30).

Elke wedstryd tussen die A-spanne tel twee punte vir die wenskool, terwyl 'n B-span een punt met 'n sege kan verdien.

Die toernooi wat in 2010 vir die eerste keer gesamentlik deur dié twee skole aangebied was, is die breinkind van Jaco du Preez en Frikkie van der Walt. Vanaf die volgende jaar het die skole om die beurt die toernooi gehuisves, met Affies wat die eerste solo-gasheer was.

Die uitslae van die vorige jare:

2010 Gim wen 8-2.

2011 Gim wen 6-5.

2012 Affies wen 8-3.

2013 Gim wen 10-1.

2014 Gim wen 7-4.

2015 Gim wen 9-2.

2016 Gelykop, Affies 5-5 Gim.

2017 Gim wen 6-4.

2018 Gim wen 6-5.

In die altesame sestig wedstryde vanaf 2010 tot 2018 het Gimnasium in alle ouderdomsgroepe 39 gewen en Affies 21. Die kragmetings is egter dikwels baie kompeterend – soos in 2014 toe Gimnasium se sterbelaaide eerste span die hoogste teiken nóg suksesvol gejaag het (177).

Mnr. Kobus Espach, skoolhoof van Affies sê: “Wat 'n voorreg is dit om hierdie geleentheid vir die afgelope tien jaar vir ons leerlinge te kon skep. Hierdeur het ons nie net krieketvaardighede verbeter nie, maar ook vriendskapsbande gesmee.

“Mag die tiende bestaansjaar van die Gentleman's Cup onthou word vir die vriendskapsbande op en van die veld af.”

Mnr. Abrie Myburgh, rektor van Gimnasium, sê: “Dit is inderdaad vir ons by Gim 'n voorreg om deel van die tienjarige viering van die Gentleman's Cup te wees. Oor die jare het beide skole se spelers hul beste gelewer en dit 'n gedenkwaardige ondervinding gemaak. Sportmanskap vir my is wanneer 'n speler van die veld af stap en hy kan nie regtig onthou wie gewen het nie. Baie dankie aan die organiseerders. Geniet die krieket en ons sien uit na die volgende tien jaar.”

Nicol Loftie-Eaton, o.19A-kaptein van Affies, se boodskap: “'n Volle dekade van goeie sportmangees en kultuur; mag dit nog vir baie jare suksesvol wees. Sterkte aan al die spanne.

“Geniet elke oomblik. Vir baie van die spelers is dit hul laaste wedstryd vir die skool. Gee alles en respekteer jou teenstander, die beamptes en spanmaats.”

Jan-Izak de Villiers, o.19A-kaptein van Gimnasium, sê: “Ek wens graag vir al die spanne van WAP en Gim sterkte toe. Ek hoop julle geniet die viering van die Gentleman's Cup terdeë. Die kompetisie is 'n tradisie wat tien jaar gelede begin is. Kom ons gee almal 110% en met 'n glimlag. Mag krieket, kameraderie, karakter en respek die wenners vir 2019 wees!”

Gimnasium se eerste span: Jan-Izak de Villiers (k), Hansie de Villiers, Quincy Beukes, Ramon Wilmot, Renier van der Merwe, Wian Loubser, Dirk Theunissen, Hendro de Waal, Xavier van Wyk, Gerhard Janse van Rensburg, Dylan Leicher, Jayden Cloete. Die afrigter is Gerhard Lotter, met me. Annemarie de Villiers as spanbestuurder en Francesca Hoases as tellinghouer.

Affies se eerste span: Nicol Loftie-Eaton (k), JC Balt, André Siepker, Wilmar Fourie, Christoff van Wyk, Lloyd Mills, Thehard Lintvelt, Roeben Burger, Benno von Wielligh, Keanu Engelbrecht, Alex Maritz, Mario van Wyk (twaalfdeman), Gerhard Steenkamp (13de man). Die mense agter die skerms is Jasper Engelbrecht (afrigter), Louise Balt (bestuurder) en Maryke Short (tellinghouer).

Die skeidsregters wat in die o.19A-botsing sal staan, is Norbert Man­yande en JW Prinsloo.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%