De Beers se diamantverkope 5% laer in 2017
Elvira Wood - Die diamantprodusent De Beers het 2017 op ’n laer noot as ’n jaar gelede afsluit.
Hy het vanjaar diamante ter waarde van $5,3 miljard verkoop oor tien verkoopsiklusse heen.
Dit is 5% minder as die $5,58 miljard van 2016.
Die maatskappy het Dinsdag in ’n verklaring gesê hy het in die tiende verkoopsiklus van die jaar $450 miljoen
se diamante verkoop. Dit was wel 6,6% meer as in die ooreenstemmende siklus ’n jaar gelede, maar nie genoeg om sy jaarsyfer te lig nie.
Hy sou $742 miljoen se diamante in die laaste verkoopsiklus van die jaar moes verkoop as hy 2016 se verkope wou ewenaar.
Hy het dus $292 miljoen minder uit verkope verdien in 2017 as in 2016.
In 2017 kon De Beers net in die eerste, sesde en tiende siklus van die jaar sy verkope van 2016 oortref.
-Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie