DBV verwyder mishandelde diere
'n Tussentydse hofbevel maak dit vir die DBV moontlik om mishandelde en verwaarloosde diere uit die sorg van hul eienaar te verwyder.
Mariselle Stofberg
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Vrydag mishandelde en verwaarloosde vee wat uit die sorg van hul eienaar verwyder is, na 'n veilige hawe verskuif.
'n Tussentydse hofbevel, wat verlede Woensdag in die Windhoek-hoërhof toegestaan is, het dit vir die DBV moontlik gemaak om 60 verhongerde beeste en vier mishandelde en verwaarloosde perde uit hul eienaar, mnr. Sinclair Aspara, se besit te neem.
Hierdie diere is op 'n kleinhoewe naby Bodenhausen oos van Windhoek sonder enige toegang tot water en geen skuiling teen die hitte en son aangehou, en moes ook met min tot geen voer oorleef.
Me. Hannah Rhodin, hoofbestuurder van Windhoek se DBV, het aan Republikein bevestig die diere is suksesvol na twee verskillende plekke geneem.
“By die eerste plek is al die diere deur ons veearts, dr. Arnold Olivier, ondersoek. Almal was in 'n kritieke toestand, en die pad na herstel gaan lank wees,” sê Rhodin.
Die tweede plek is waar die vee tydelik aangehou sal word totdat vasgestel kan word of die tussentydse hofbevel permanent van krag sal wees. Dit sal op 14 Februarie beslis word.
Die Namibiese polisie, Windhoek se DBV en DBV Namibië het die diere saam met personeel en die DBV se inspekteur na dié twee plekke verskuif.
Vir die veiligheid van die diere word die spesifieke plek waar die diere tans aangehou word, nie bekend gemaak nie.
“Die plek waar die diere tans aangehou word, het genoegsame weiding, maar die diere sal aanvullende voeding ook benodig. Hierdie getal diere is bo die normale kapasiteit van die DBV, en daarom wil ons graag 'n beroep op die gemeenskap doen om hierdie diere te help,” sê Rhodin.
Die DBV is dringend op soek na gras/lusern, lusernblokkies, Voermeester 8 mm, Rumen Optimizer, Enerfeed, Perde Meusli (10%) en voervate. Enige geldelike bydraes sal ook welkom wees.
Die strafsaak van dieremishandeling teen Aspara word steeds ondersoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie