DBN-lening stop wolf by Meatco-kraal
DBN-lening stop wolf by Meatco-kraal

DBN-lening stop wolf by Meatco-kraal

Meatco kon met ’n lening van die Ontwikkelingsbank likwidasie systap, maar poog nou om bande met produsente te herstel.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Meatco se nuwe direksievoorsitter, die bekende sakeman mnr. Johnny Hamman, is nie net vasbeslote om dié uitvoerabattoir uit die “intensiewesorgeenheid” te haal nie, maar ook om die verbrokkelde bande met produsente te herstel.

Hy het gister tydens ’n vergadering met produsente in Windhoek gesê die nuwe direksie is saam met die uitvoerende bestuur van plan om Meatco terug te neem “na die glorieryke dae van weleer toe 120 000 beeste per jaar geslag is”.

“Ek wil deursigtigheid terugbring. Ek is ’n sakeman en ek wil sien dat Meatco werk,” het Hamman gesê.

Die verhouding tussen Meatco en beesprodusente het die laaste jare toenemend versleg, maar is op die spits gedryf toe die uitvoerabattoir en vleisverwerker se finansiële krisis betalings begin bedreig het.

In ’n brief wat aan die gedrukte media gelek is en ook in die sosiale media gesirkuleer het, is beweer lede van die Namibiese lewendehawebedryf het ’n komplot gesmee om Meatco te laat likwideer.

Dit was nadat Meatco onlangs danksy ’n lening van N$250 miljoen van die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) verhoed het dat FNB Namibia ’n likwidasie-aansoek teen hom indien oor agterstallige betalings van N$100 miljoen.

Die Namibië Landbou-unie (NLU) en sy lewendehawe-arm, die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) het dié bewering ten sterkte ontken en gesê dit is “slegs ’n rookskerm om beweerde wanbestuur van Meatco-bates te verdoesel”.

Die onbekende samestellers van die gelekte brief het beweer prominente mense in die lewendehawesektor het probeer seker maak handelsbanke kom nie tot Meatco se redding in sy uur van nood nie.

Mnr. Piet Gouws, president van die NLU, het in reaksie hierop in ’n verklaring gesê die LPO sal nie toelaat “dat sy goeie naam gekoppel word aan individue wat hul eie duistere agendas dryf om verdeeldheid onder sleutelrolspelers te veroorsaak nie”.

Volgens Gouws is dit “doodlogies dat die NLU en sy affiliasies geen beheer oor die Meatco-direksie se besluite het, of enige invloed op die finansieringsbesluite van kommersiële banke kan uitoefen nie”.

“Deur sulke onwaarhede te versprei word rolspelers verwar oor die werklike probleem, naamlik die ophoping van reuseskuld by Meatco. Dit sal aan die einde van die dag waarskynlik uit sakke van produsente moet kom en dit ná ’n droogte van amper sewe jaar wat boere op hul knieë gedwing het. Die primêre Meatco-produsent en die ganse waardeketting sal hieronder ly,” het Gouws in die verklaring gesê.

Hy wys daarop dat Meatco die afgelope jaar deur baie veranderinge gegaan het en sê “slegs danksy die ingryping van verskeie ministers” is daar nie op sy bates beslag gelê nie.

“Beweringe is dat Meatco in die afgelope finansiële jaar aansienlike verliese gely het, wat moontlike verdere ondersoeke tot gevolg kan hê,” sê Gouws.

Hy wys daarop Meatco moet as internasionaal mededingende onderneming funksioneer en die beste produsentepryse moontlik betaal om outomatiese en konstante voorsiening in die waardeketting te verseker. Gouws sê as dit gebeur, kan produksie in die primêre lewendehawebedryf herstel. Hy wys daarop produsente se skeptisisme en ’n gebrek aan vertroue jeens Meatco het oor jare weens die agteruitgang hiervan ontwikkel.

Hamman het produsente gister verseker hulle sal binne 30 dae betaal word nadat hulle beeste laat slag het.

Hy sê as dit nie vir die DBN-lening was nie, “het Meatco sy deure gesluit”. Hoewel die bande met FNB Namibia herstel is en ‘n beter terugbetalingsooreenkoms onderhandel is, moet Meatco seker maak dié lening en ander lenings word terugbetaal.

Intussen het mnr. Mushokabanji Mwilima, uitvoerende hoof by Meatco, gister gesê sy salaris en dié van ander uitvoerende bestuurslede is gesny. “Ek verdien minder as my voorgangers,” was sy woorde.

Soortgelyke vergaderings soos die een in Windhoek, word in die volgende twee weke op ander dorpe in die land gehou. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%