Davos: Zuma weg, SA reg!
Davos: Zuma weg, SA reg!

Davos: Zuma weg, SA reg!

Estelle de Bruyn
Vir die eerste keer in jare is Suid-Afrika die afgelope week in Davos oortuigend bemark as ’n ernstige beleggingsbestemming, want die land se afvaardiging is deur die ANC se hervormers eerder as die lomp en skandaal-omgeefde pres. Jacob Zuma gelei.

Kenners én ’n senior lid van die Suid-Afrikaanse span by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se jaarlikse saamtrek het Davos as ’n reusesukses vir die land beskryf, aangesien die kundige Suid-Afrikaanse afvaardiging kon saamgesels oor die multidimensionele krisisse van migrasie, ’n sukkelende middelklas en die politieke aardbewings van Brexit en Donald Trump.

Die voormalige sakemagnaat adj.pres. Cyril Ramaphosa en Pravin Gordhan, minister van finansies en Zuma se vernaamste teenstander in die kabinet, het die afvaardiging na Davos gelei nadat Zuma op die nippertjie onttrek het.

Sipho Pityana, voorsitter van die direksie van AngloGold Ashanti en uitgesproke Zuma-kritikus, het aan Rapport gesê Ramaphosa en Gordhan was “bevry van die las om die besluite wat gelei het tot Suid-Afrika se misstappe van die afgelope jare te rasionaliseer”.

“Die regeringsafvaardiging – Ramaphosa, Gordhan, die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel, en die minister van handel, Rob Davies – kon fokus op die verkoop van ’n geloofwaardige storie aan potensiële beleggers en ander regerings. En, dit moet gesê word, hulle het ’n uitstekende taak verrig,” volgens Pityana.

“Ons regeringsverteenwoordigers het ’n geheel en al ander beeld as ons president voorgehou – ’n man wat tydens verlede jaar se beraad besluit het dat dit nie die moeite werd is om ’n paneel van hoëvlak-Afrika-staatsmanne by te woon nie.”

Die agenda in Davos is volgens prof. Jannie Rossouw, hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir ekonomiese en sakewetenskappe, oorheers deur komplekse kwessies soos migrasie en Brexit, en om ’n minderwaardige afvaardiging soos in die verlede te stuur, kan rampspoedig vir enige land wees.

Zuma het daarom ’n las geword vir die sakelui en amptenare wat die land by Davos probeer bemark, sê Rossouw.

Dr. Ismail Lagardien, uitvoerende dekaan van sake- en ekonomiese wetenskappe aan die Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth, sê vanjaar se SA afvaardiging was “die beste wat Suid-Afrika in jare na Davos gestuur het”.

Regering en sakegemeenskap werk nouer saam

Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, sê ’n pluspunt vir Suid-Afrika dié jaar was die nouer band tussen die sakegemeenskap en die regering. Hulle kon dus saam die land se belange bevorder.

Dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika gesien word as ’n land wat deel is van die internasionale gemeenskap en ’n rol daarin wil speel.

“Ons moet wys hoe ons beleid, instellings en ekonomie meeding met ander opkomende markte.”

Rapport het verlede week berig Zuma het ter elfder ure sy beplande reis na Davos afgelas, na bewering nadat hy uitgevind het Pityana sou ook in Davos wees.

Die verkiesing van Donald Trump tot Amerikaanse president, wat wêreldwyd as ’n skok gekom het, was nie amptelik op die agenda by Davos nie, maar daar is agter die skerms druk daaroor gepraat. Te veel lande is nog aan’t koukus oor hoe hulle hulle teenoor die nuwe Trump-administrasie behoort te posisioneer, sê Rossouw.

Ook ten opsigte van Brexit vind Europese lande nog hul posisie. Rossouw sê die Britse premier, Theresa May, se toespraak by die WEF, wat dui op ’n skoon breuk tussen Brittanje en die EU, was vir baie ’n verrassing.

Migrasie is ’n uitdaging vir Europa. “Hulle weet nie hoe om dit te hanteer nie, waar hulle die migrante moet plaas nie. In Suid-Afrika is migrante suksesvol in die land se bevolking opgeneem. Europa kan eintlik by ons kom leer,” sê Rossouw.

Populisme was ook op die agenda.

“Populistiese oproer oor die wêreld heen, uitgerekte konflik en die opkoms van nasionalistiese sentiment soos Brexit en Trump, hou ’n wesenlike bedreiging in vir vrede en stabiliteit,” waarsku Lagardien.

Vorster sê die feit dat die wêreld gekonfronteer word deur meer populisme aan die een kant en globalisering aan die ander kant, stuur af op ’n vurk in die pad.

In Davos was daar ook vrae oor die optrede van die Chinese president, Xi Jinping, wat oor vrye handel gepraat het. Vorster beskou dit as ironies en Rossouw sê dit is vreemd. “Xi het gepraat asof China die vaandeldraer vir vrye wêreldhandel is,” sê Vorster.

Rossouw meen dit het glad nie oortuig nie, want die boodskap oor China se verbintenis tot vrye handel wat hy na buite uitdra, strook nie met wat binne sy landsgrense gebeur nie.

Lagardien sê hopelik sal Zuma in sy staatsrede in Februarie kennis neem van wêreldneigings soos verwoord in Davos, maar om betekenisvol te wees, moet die staatsrede opreg en heldhaftig wees en dit moet die mense van Suid-Afrika eerste stel.

“Die land ervaar ’n multidimensionele krisis, wat nie sal verdwyn as dit met leksikale oëverblindery opgedis word om beter te lyk as wat dit is nie.”

Hy vrees Suid-Afrika kan vanjaar selfs ’n slegter jaar as 2016 beleef. “Ons toekoms as ’n land is te nou verbind aan die regerende party.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.51/OZ DOWN -0.0044 | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0079 | Zinc US$ 2 973.00/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 1 062.90/OZ DOWN -0.0065 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.51/OZ DOWN -0.0044 | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0079 | Zinc US$ 2 973.00/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 1 062.90/OZ DOWN -0.0065