Davin Trust hou tiende keer gholfdag

Gholf
Andrew Poolman
Die Janine & Suzelle Davin Trust se jaarlikse golfdag word môre by die bane van beide die Windhoek Buiteklub asook Omeya gehou.
Altesame 26 spanne sal by Windhoek Buiteklub deelneem en die oorblywende 17 spanne by Omeya.
Spanne van vier spelers elk ding mee in ’n vierbal-alliansie (“scramble drive”) met die twee beste tellings wat neergeskryf word.
Die Davin Trust is ’n geregistreerde Namibiese welsynsorganisasie met sy hooffokus om geldelike bystand vir die land se sportmanne en -vroue op elitevlak te bied.
Die prysuitdeling sal om 18:00 by die SKW-saal begin.

Die afslaantye vir die spanne by die Windhoek Buiteklub is:
07:00 Sanlam
07:10 Rent A Drum
07:20 Smit Joineries
07:30 Konigstein
07:40 Chobe Lodge
07:50 Integrated Dental Holdings
08:00 Namibia Breweries
08:10 Plastic Packaging
08:20 Finaid
08:30 Pointbreak
08:40 Quanta
08:50 Standard Bank Namibia
09:00 National Insurance Brokers
09:10 Touch of Style
09:20 Omujeve Game Breeders
09:30 Windhoek Country Club
09:40 Africa Re 1
09:50 Munich Re
10:00 Africa Re 2
10:10 Oak Tree Intermediaries
10:20 Malherbe Associates Inc
10:30 F. Erasmus & Partners
10:40 Legal Eagles (Walvis)
10:50 Methealth
Die volgende spanne wat by Omeya speel, sal om 10:00 ’n “shotgun start” hê. Dit beteken dat al die spanne op dieselfde oomblik op verskillende putjies begin speel en dus naastenby dieselfde tyd klaarmaak.
Namibia Media Holdings, Snyman Transport, Basjan Brigade, Marsh, Hollard, FNB Private Clients, Entrepro, Joubert Trust, Pieter Mostert Architects, Davin Trust, Momentum, Old Mutual 1, Old Mutual 2, Bank Windhoek, Klipdrift, Pfohls, Universiteit van Stellenbosch.
• Die Davin Trust het jaarliks saam met sy gholfdag ook Boules vir die nie-gholfspelers aan, wat terselfdertyd môre by die Windhoek Buiteklub gehou word.
Hieraan sal 28 spanne met drie spelers elk deelneem.
Boules is ’n kollektiewe naam vir verskeie speletjies waarin groot balle gegooi of gerol word om so naby as moontlik aan ’n kleiner balletjie te eindig. Sulke speletjies word tradisioneel met Frankryk en Italië verbind, waar dit baie gewild is.
Die tema vir die Boules vanjaar is “vintage”.

Kommentaar

Republikein 2026-11-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer