Davies bring ervaring terug teen Kanada
Davies bring ervaring terug teen Kanada

Davies bring ervaring terug teen Kanada

Andrew Poolman
Afrigter Phil Davies het ’n ervare beginvyftiental aangewys vir Namibië se laaste Wêreldbeker-rugbywedstryd teen Kanada komende Sondag in die Kamaishi Recovery Memorial-stadion.
Darryl de la Harpe, in sy 51ste toets, hervat sy senterkombinasie met die kaptein Johan Deysel, wat ’n stamp teen die skouer afgeskud het en na buitesenter verskuif.
Namibië se ervare skakelpaar van Cliven Loubser en Eugene Jantjies maak ook hul terugkeer tot die beginspan. Hulle vervang Helarius Kisting en Damian Stevens, wat beide goed presteer het in laas naweek se wedstryd teen die All Blacks en wat beide op die reserwebank gereed sal sit.

NAMIBIË

1. André Rademeyer
2. Torsten van Jaarsveld
3. Aranos Coetzee
4. Johan Retief
5. Tjiuee Uanivi
6. Prince !Gaoseb
7. Wian Conradie
8. Janco Venter
9. Eugene Jantjies
10. Cliven Loubser
11. JC Greyling
12. Darryl de la Harpe
13. Johan Deysel (kaptein)
14. Lesley Klim
15. Johann Tromp

16. Louis van der Westhuizen
17. AJ de Klerk
18. Desiderius Sethie
19. Max Katjijeko
20. Rohan Kitshoff
21. Damian Stevens
22. Helarius Kisting
23. Chad Plato

Kommentaar

Republikein 2025-06-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer