Dataskandaal kan Facebook duur te staan kom
Facebook word deur 'n reuseboete van £500 000 in die gesig gestaar vir sy aandeel in die Cambridge Analytica-skandaal.
Elizabeth Denham, die Britse kommissaris van inligting, het aangedui die boete is vir twee oortredings van die land se wet op die beskerming van data.
Denham het tydens 'n maande lange ondersoek, wat steeds aan die gang is, tot die gevolgtrekking gekom dat Facebook versuim het om sy gebruikers se inligting te beskerm, en dat die maatskappy nie deursigtig was in die manier waarop derde partye dié inligting kon insamel nie.
“Hoewel boetes en vervolgings oortreders straf, is die werklike doel om veranderinge teweeg te bring,” sê Denham in 'n verklaring.
MAKSIMUM BOETE
Die maksimum boete wat 'n maatskappy opgelê kan word vir die oortreding van die wet op die beskerming van data is £500 000 (R8,8 miljoen).
Facebook het vroeër vanjaar erken dat minstens 87 miljoen van sy gebruikers se inligting op 'n onvanpaste wyse deur die konsultasiefirma Cambridge Analytica bekom is.
Die maatskappy het Amerika se pres. Donald Trump in sy verkiesingsveldtog bygestaan.
Cambridge Analytica, wat ontken dat hy iets verkeerd gedoen het, het sedertdien om sakeredding aansoek gedoen.
“Verkiesingsveldtogte kan mense se data analiseer en potensiële kiesers teiken. Maar dit kan nie gebeur ten koste van deursigtigheid, billikheid en die nakoming van die wet nie,” sê Denham. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie