#DataMustFall: Ondersoek duur tot Maart
Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) reken dat die ondersoek na die koste van data teen Maart 2018 voltooi sal kan word.
Die ondersoek, wat verlede week aangekondig is, sal in vier fase plaasvind: ’n markondersoek, besprekingsdokument, openbare sittings en ’n verslag met bevindings, sê Paseka Maleka, woordvoerder, volgens Fin24.
Die markondersoek bestaan uit ’n vraelys wat ingevul moet word deur rolspelers in die sektor, sowel op groot- as kleinhandelvlak.
Volgens Paleka sal minstens 45 werkdae vir elke fase van die ondersoek toegelaat word, maar dit kan verleng word indien Okosa dit as toepaslik beskou.
Hoë datakoste is nou al geruime tyd in die spervuur, en het op Twitter steun gewerf onder die hutsteken #DataMustFall, #VodacomIsTrash en #MTNisTrash.
Vodacom het reeds aangedui dat hy Okosa se ondersoek sal ondersteun. Byron Kennedy, woordvoerder, sê danksy ’n investering van R26 miljard in netwerkinfrastruktuur die afgelope drie jaar, betaal die gemiddelde Vodacom-kliënt nou 44% minder vir data.
Verskeie ander netwerke het ook hul datakoste verlaag oor die afgelope paar jaar. MTN laat gebruikers toe om 500 MB se gratis data op Twitter te gebruik en Cell C hef vir ’n klein maandelikse tarief, maar geen datakoste op WhatsApp nie.
Absa en FNB het ook die afgelope weke aangekondig dat hul bankapps geen data sal kos nie.
Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, het vroeër vanjaar gesê hy gaan die Mededingingskommissie vra om in samewerking met ander reguleerders ’n markondersoek te begin om die feite oor datakoste vas te stel.
Volgens Patel word groei plaaslik deur hoë datakoste beperk en benadeel dit gebruikers en ondernemings wat groot hoeveelhede data nodig het. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie