Data wat verstryk, is 'n doring in Okosa se vlees
Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) beplan om data wat verstryk, te reguleer.
Die meeste mense kry op hul selfoon- of datakontrak 'n vasgestelde maandelikse hoeveelheid data wat nié van maand tot maand oorgedra kan word as hulle dit nie opgebruik nie.
Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) het reeds vantevore gesê hy gaan ook toeslaan op die ander kant van die munt – as mense meer as hul gestipuleerde hoeveelheid data per maand gebruik en dan belaglik hoë buitebondel-datatariewe moet betaal.
Dit is volgens 'n kennisgewing wat Maandag in die Suid-Afrikaanse Staatskoerant gepubliseer is.
Wilmari Strachan, direkteur van tegnologie, media en telekommunikasie by ENS Africa, sê die regulasies sal die tydperk wat data geldig is en die oordrag van data “reguleer”.
“Data bondels van 1 GB tot 5 GB moet byvoorbeeld geldig bly vir 90 dae. Groter databondels, soos 20 GB en meer, moet vir 24 maande geldig bly.”
Die regulasies maak ook voorsiening vir eindgebruikers om die keuse te hê om ongebruikte data oor te dra voordat dit verval.
“As dit van toepassing word, sal die regulasies definitief die sakemodelle van baie diensverskaffers beïnvloed,” sê sy.
Die publiek kan tot 19 September kommentaar hierop lewer.
Okosa het vroeër aangekondig hy gaan 'n ondersoek na die koste van data – in 'n poging om die hoë koste daarvan te verminder – begin.
Die ondersoek wat in vier fases sal geskied sal teen Maart 2018 voltooi word. Die fases sluit 'n markondersoek, besprekingsdokument, openbare sittings en 'n dokument met bevindinge in.
Die publiek sal ná elke fase 45 dae hê om kommentaar te lewer.
– Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie