Dapper stapper benader Okahandja
Dapper stapper benader Okahandja

Dapper stapper benader Okahandja

Elvira Hattingh
Mnre. George Nagel en Brink Grobler het vir mnr. Owen Kataparo Muhenje (38), wat voetslaan ter bewusmaking oor omgewingskwessies in die Kunenevallei, 55 km noord van Okahandja raakgeloop. “Wat ’n voorreg,” het hulle in ’n boodskap aan Republikein gesê. “Kom ons help Owen om die Kunenerivier se krokodille te red. Jy doen goeie werk, Owen,” het hulle gesê en aan hom iets te drinke en eet gegee. Muhenje, ’n veldgids van Epupa Falls Lodge, het op 26 Julie weggespring om sowat 950 km ver tot by Ruacana en daarna na Windhoek te stap. Die kwessies waaroor hy bewustheid onder gemeenskapslede langs die rivier en omgewingsbewaarders wil skep, is die impak van die erge skade weens die “mensgemaakte vloede” elke jaar, grond­erosie, die beskadiging van plantegroei langs die Kunenerivier, asook die krokodille wat vergiftig word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer