Dankie vir die goeie diens
Mense kla aanhoudend en ononderbroke. Ek dink dit is deel van menswees. Vat byvoorbeeld die reën. Wanneer dit nie reën nie kla almal daaroor en wanneer die reën uiteindelik uitsak – veral vir 'n paar dae aaneen – kla almal ook. Dan kla hulle oor die wasgoed wat nie buite opgehang kan word nie en nie droog wil word nie. So kla ons sonder ophou.
Baie mense kla oor die diens wat ons ontvang. Dit maak nie saak of dit van 'n privaat besigheid, kelner, petroljoggie of ontvangsdame is nie. Ek dink die meeste van ons kla oor die diens wat ons veral by regeringsdepartemente, ministeries en semi-staatsinstellings ontvang. Baie kere kla ons met rede.
Hoeveel keer het jy al gehoor die telefone word nie beantwoord nie? Werknemers wat in hul kantore sit en lang gesprekke op hul selfone het terwyl mense in lang rye staan en wag? Mense wat agter glasvensters sit en met mekaar gesels en nie die kliënte voor hulle (wil) sien nie of hulle nie aan hulle steur nie?
Ja, ek het ook al bloutjies met staatsamptenare geloop. My hart het onlangs amper gaan staan toe ek hoor ek moet na die belastingkantoor gaan, omdat die ITAS-stelsel foutief is en iets nie wil oplaai nie.
'n Vriendin het vir my 'n nommer gegee en gesê, skakel die vrou op die tweede vloer by die ontvanger van inkomste. “As sy jou nie kan help nie sal sy vir jou iemand gee wat jou kan help.”
Ek het haar geskakel en watter plesier was dit nie. Die vrou was ongelooflik vriendelik en professioneel. Sy het op die stelsel ingegaan en vir my gesê wat ek moet doen en wat sy benodig.
Ek het die nodige dokumente gekry, ingevul en aangeheg en 'n week later het ek my uitbetaling ontvang.
Dit was dieselfde toe ek 'n spesifieke dokument moes kry wat sy nog nodig gehad het.
Die papier is van 10 jaar gelede en ek moet dit van 'n bank af kry. Ek weet nou gryp julle almal na julle hare en word bleek.
Wie was nog nooit maandeinde in 'n bank gewees nie? Wanneer daar dalk twee uit die sewe toonbanke beman is. Dit is nou wel nie 'n staatsinstelling nie, maar die diens is omtrent dieselfde.
Maar dit was ook eenvoudig.
Die vrou het alles gestuur wat sy kon kry en het talle kere om verskoning gevra dat hul rekenaarstelsel afbetaalde kontrakte ouer as vyf jaar outomaties verwyder.
Sy kon dus nie die oorspronklike kontrak aan my stuur nie en het talle ander inligting gestuur wat op die ou einde genoeg vir die belastingkantoor was.
Ek dink mense soos dié twee vroue kry géén erkenning nie. En ja, as jy daaroor nadink, is daar in elke werksplek die een wat werk en die een wat net rondsit. Dit gebeur nie net by die staat nie.
Hiermee bedank ek Paulina Kayawala en die vrou op die tweede vloer uit die diepte van my hart. Ek bedank nie net hulle nie, ek bedank elke persoon wat werk toe kom en vir 'n salaris werk, vriendelik is en doen wat hy of sy moet doen (en party keer nog meer). Ek dink baie kere word diegene wat wel werk nie genoeg vir hul bydrae bedank nie. Dus doen ék dit vandag. Dankie julle, julle word waardeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie