Dankie, meneer met die goue hart
Dankie, meneer met die goue hart

Dankie, meneer met die goue hart

Mandy Rittmann
DANKBARE PIETER SKRYF: Ek wil graag die meneer met ’n donkergrys Polo Vivo (N-W registrasie) bedank. Meneer, baie dankie dat u my kind Maandagoggend gehelp het.

Hy het petrol kom koop en terug probeer loop, en u het hom naby Cimbebasia gekry, op pad terug.

My motor het uit brandstof geraak 13 km buite Windhoek op die Rehoboth-pad. Meneer, mag ons Here Jesus u seën met gesondheid en krag. Mag u huis geseënd wees.

Baie dankie vir u menslike bystand.

Baie dankie, u het nie aan brandstofkoste gedink of u werksbeginsels nie.

Ek het saam met my vrou wat verlam is, by die kar gewag en my seun gestuur om petrol te koop.

My kind moes 8:30 by sy werk begin en ons het dit gemaak. My vrou het vir 9 uur ’n doktersafspraak gehad en ons het dit gemaak

Ek wou u graag op Sê Jou Sê oor die radio bedank het, maar ek het nie die telefoonnommers nie.

Ek weet nie hoe om my waardeering teenoor u uit te spreek nie.

Mag ons Almagtige God u en u huis seën.

Baie, baie dankie, meneer.

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer