Damme veel voller as 2019
Volgens NamWater se verslag vergelyk Namibië se damvlakke tans veel beter as dieselfde tyd verlede jaar.
Elvira Hattingh
Nasionale damme vergelyk veel beter as verlede jaar dieselfde tyd en is gemiddeld tans 57,3% vol teenoor verlede jaar se 30,1%.
Nadat beide die Swakoppoort- en Omatakodam die afgelope week water ingekry het, handhaaf die drie damme wat die hoofstad asook ander plekke in sentrale dele van die land van water voorsien, tans 'n gemiddeld van 84,6% (83,6% verlede week).
Verlede jaar dieselfde tyd het dit 'n gemiddeld van net 20,4% gehad.
Die Von Bachdam is die volste onder die drie op 99,1%, gevolg deur die Swakoppoortdam met 86,9% water en die Omatakodam met 65,3%.
Die Hardapdam het die afgelope week ook 1,487 miljoen kubieke meter (Mm³) water gekry en is 45,3% vol.
Die Oanobdam is tans die volste (96,8%) onder die Suide-damme, gevolg deur die Nautedam (83,9%) en die Bondelsdam (56,2%). Die Dreihukdam het 16% water.
Dit bring Suide-damme se gemiddeld op 55,9% te staan, meer as verlede jaar se 39,4%.
Gobabis se damme is tans ook gemiddeld 46% vol, waar dit verlede jaar dieselfde tyd gemiddeld net 2,2% water gehad het. Die Otjivero-hoofdam hou 46,1% water, terwyl die Daan Viljoen- en Tilla Viljoendam onderskeidelik 62,2% en 39,3% vol is.
Die Friedenaudam is 45,6% vol, terwyl die Goreangabdam 100,5% vol is.
Die Neckartaldam, wat nie by NamWater se verslag ingesluit is nie maar waaroor Namibië se hidrologiese dienste verslag doen, hou tans 10,5% water.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie