Damme gemiddeld 51,4% vol
Die drie damme wat Sentraal-Namibië, insluitende die hoofstad, van water voorsien, het tans 74,9% water oor.
Die Von Bachdam is tans die volste van die drie op 85,3%, terwyl die Swakoppoortdam 81,7% water oor het. Die Omatakodam is op 53,5% van sy kapasiteit.
‘n Jaar gelede het dié drie damme gemiddeld slegs 17,5% water oor gehad.
Nog ‘n streek waar damvlakke drasties beter as ‘n jaar tevore vergelyk, is in die Gobabis-omgewing. Waar die Ooste se damme ‘n jaar gelede gemiddeld 1,6% water oorgehad het, staan die gemiddeld nou op ‘n meer stewige gemiddeld van 34,9%. Die Otjivero-hoofdam is tans die streek se volste op 54,1%, gevolg deur die Tilda Viljoen- en Daan Viljoendam wat onderskeidelik 35,1% en 44,6% vol is.
Die Suide se Hardapdam hou tans 40,4% water, waar dit ‘n jaar tevore net 19% gehad het, terwyl die Nautedam tans 82,2% water bevat. Hiernaas het die Oanobdam 90,3% water, terwyl die Dreihuk- en Bondelsdam onderskeidelik 11,8% en 20,7% water bevat.
Die nasionale gemiddeld staan tans op 51,4%, vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar se 26,7%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie