• Tuisblad
  • Sport
  • Damian en Max baanbrekers in Suid-Amerikaanse beroepsliga

Damian en Max baanbrekers in Suid-Amerikaanse beroepsliga

Meer Namibiese spelers is by die nuwe Suid-Amerikaanse superliga betrokke.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - 'n Blinknuwe franchise-rugby­span wat twee Namibiese aanwinste insluit, streef daarna om in die komende maande die spel in Paraguay op die voorgrond te plaas.

Die Namibiese steelkantflank Max Katjijeko en skrumskakel Damian Stevens, beide lede van verlede jaar se Wêreldbekerspan, het hulle reeds die afgelope dae in Paraguay by die Olimpia Lions aangesluit.

Die Amerikaanse Superliga is aan die einde van verlede jaar bekend gestel en sal tussen franchises van Paraguay, Uruguay, Chili, Brasilië en Argentinië beslis word. Wedstryde begin aan die einde van Februarie en elkeen van die agt franchises speel een keer teen mekaar, voor die semifinale en eindstryd in Meimaand.

Waarskynlik die Olimpia Lions se mees hoëprofiel aanwins is die 33-jarige Fidjiaanse vleuel Napolioni Nalaga, wat benewens 21 toetse ook 'n roemryke klubloopbaan vir spanne soos die Western Force, Clermont Auvergne en London Irish op sy getuigskrif het.

Die stut Liam Hendricks (Griekwas en WP) en die gewese WP-heelagter Grant Hermanus is die twee Suid-Afrikaners op die Olimpia Lions se boeke, tesame met 'n agtsteman van Nieu-Seeland (Mathew Polwart-Matich), Spanje se toetslosskakel Facundo Munilla en 'n string Argentyne en Paraguayane.

“Ons het nog nie die afrigters ontmoet nie, maar ons eerste oefensessie is Dinsdagoggend (gister),” het Katjijeko aan Republikein vertel.

“Hulle het 'n woonstelkompleks gehuur waarin die spelers reeds gehuisves is en twee-twee in 'n kamer deel. Ek en Damian is saam.”



TAALVERSKILLE

“Daar is verskeie spelers wat nie Spaans kan praat nie, of wat nie Engels kan praat nie, maar van ons paaie het tevore reeds gekruis in kompetisies soos die Curriebeker, of die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi (wat die afgelope twee jare in Uruguay aangebied was).

“My agent in Engeland het voor ons Wêreldbeker-wedstryd teen Kanada my oor die moontlikheid vir hierdie span ingelig en ek het 'n eenjaarkon­trak onderteken.

“Ek sien nogal uit daarna. Die kampioenspan word met 'n bykomende wedstryd teen die wenners van Major League Rugby (elf spanne van die VSA en een van Kanada) beloon.”

Die 24-jarige Katjijeko sê hy het ook ander moontlike opsies ná die Wêreldbeker gehad, maar dat die betrokke klubs 'n bietjie gesloer het om aanbiedinge op skrif voor te lê.

Die avontuur in Suid-Amerika sal sy eerste professionele kontrak in die buiteland wees, afgesien van ses maande toe hy verlede jaar by die Engelse laerligaklub Luctonians “uitgehelp” het.

“Ek sal graag in die toekoms weer vir 'n klub in die Engelse premierliga of kampioenskap (eerste liga) wil speel,” verklap hy.

Die lenige Katjijeko (97 kg, 1.96 meter) se beweeglikheid en hoë werktempo het algaande uitgestaan gedurende die 15 toetse wat hy sedert 2017 onder die Namibiese afrigter, Phil Davies, gespeel het. Voor dit het hy ook sy rugbyvernuf by Windhoek Hoërskool, die FNB Universiteit van Namibië en die Windhoek Draught Welwitschias geslyp.

Damian Stevens (24) is ook 'n gesoute veteraan in 27 toetse vir Namibië sedert 2015, insluitend die laaste twee Wêreldbekers.

Sy hoogtepunte vir 2019 het 'n puik WB-drie teen Italië ingesluit, asook drie uit drie strafdoele wat sy span kortstondig teen die All Blacks laat voorloop het.

Sedert sy skooldae by Paarl Boishaai en vordering na die Namibiese o.20-span, het Stevens hom reeds op provinsiale vlak in Suid-Afrika begin vestig. Hy sluit vir ses maande by die Paraguayaanse span aan vanaf die Natalse Haaie, ná vorige tye by Griekwas en die Westelike Provinsie.

• Janry du Toit, 23-jarige Namibiese vleuel, sal in dieselfde Suid-Amerikaanse beroepsliga sy debuut vir die Uruguay-franchise Peñarol maak.

Sy gewese nasionale spanmaat, die agtsteman Adriaan Booysen, se aansluiting by die Houston SaberCats in Texas is ook verlede maand bekendgemaak. Booysen en Du Toit het tevore saam vir Privaatskool Elnatan, asook FNB Wanderers en Namibië gespeel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.73 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 418.82/OZ UP +1.72% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.90% | Zinc US$ 3 043.80/T UP 2.21% | Brent Crude Oil US$ 83.84/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 1 076.67/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.73 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 418.82/OZ UP +1.72% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.90% | Zinc US$ 3 043.80/T UP 2.21% | Brent Crude Oil US$ 83.84/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 1 076.67/OZ UP +1.42%