Damaraland eens met ys bedek
Bergformasies is verlede jaar naby Twyfelfontein ontdek, wat op gletser-bedrywighede in oertye dui en skaars in woestyne voorkom.
Elvira Hattingh - Geoloë het onlangs op onverwagte en baie ongewone landskapformasies naby Twyfelfontein in die Kunenestreek afgekom, wat beteken dié gebied was sowat 300 miljoen jaar gelede deur gletsers bedek.
Die geoloë mnr. Graham Andrews en me. Sarah Brown, van die West Virginia-universiteit, het vulkaniese rotse in Damaraland bestudeer, toe hulle ‘n reeks kenmerkende formasies ontdek, wat nog nêrens aangeteken is nie.
Dié wetenskaplikes het kenmerkende koppies geïdentifiseer, wat slegs deur ysgletsers gevorm word.
Die koppies word gekenmerk deur eienskappe soos ’n steil helling aan die een kant en ‘n gematigde helling aan die ander kant.
Dit word dikwels in groepe gevind met “sterte” wat almal in dieselfde rigting wys – ‘n aanduiding van die rigting waarin die oer-ysgletsers beweeg het.
Die formasies skep gewoonlik ‘n growwe landskap, wat dit maklik maak om te identifiseer.
Dit is algemeen in Noord-Amerika, asook die noordelike dele van Europa, en is tot dusver meestal in Kanada, die noordelike dele van Amerika, Engeland, Ierland, Skotland, Swede, Duitsland, Finland en Groenland gevind.
Dit maak dié ontdekking in Namibië buitengewoon.
Die geoloë het verder van Google Earth en Google Maps gebruik gemaak om die hoogte en lengte van die strukture te meet, en ontdek dit is tussen 0,1 km tot 1,5 km lank.
Hulle het ook groot groewe in hierdie koppies ontdek, wat ‘n aanduiding is dat die ysgletsers vinnig bo-oor die formasies moes geskuif het sodat dit uitgekerf kon word.
Die slotsom is dat ‘n vinnig vloeiende stroom ys, wat in ‘n noordwestelike rigting beweeg het, miljoene jare gelede in die gebied teenwoordig was.
Toe was Namibië nog iewers naby die suidpool geleë.
Dit het glo ‘n oer-ysplaat gedreineer, wat binne die Huabriviervallei in die huidige Kaokoveld geleë was. Die ysstroom kan glo vergelyk word met ysstrome in die hedendaagse Antarktika.
Ysstrome, verduidelik die wetenskaplikes, is kanale wat met ys gevul is en vinniger vloei as die omliggende ysplaat. Dit vorm die hoof-“are” vir die vloei van ys van ‘n ysplaat se kern af na sy buitenste rante.
Dit lyk ook of ‘n stroom ys verantwoordelik is vir soortgelyke formasies in suidelike Brasilië, wat sowat 300 miljoen jaar gelede met Namibië verbind moes gewees het.
Dié navorsing is op 30 Januarie in die wetenskapjoernaal PLOS One onder die titel “First description of subglacial megalineations from the late Paleozoic ice age in southern Africa” gepubliseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie