Dagga: Polisie gryp agt mense
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is talle mense die naweek weens die besit van dwelms in hegtenis geneem.
Vrydag is 'n 24-jarige man vir die besit van drie halwe en twee heel Mandrax-tablette en 5 gram dagga ter waarde van N$600 in hegtenis geneem. Die man is omstreeks 12:30 tydens 'n polisieklopjag in Mondesa op Swakopmund gevang.
Twee 25-jarige mans is Vrydag om 19:30 by die Nama-woonstelblok op Lüderitz vir die besit van 28 balies dagga ter waarde van N$1 768 in hegtenis geneem.
Tydens 'n polisieklopjag Vrydag omstreeks 18:30 in Mondesa is 'n 32-jarige man betrap met vier pakkies (1 055 gram) dagga ter waarde van N$52 750 in sy besit.
Vrydag om 19:30 is 'n 28-jarige man in Swakopmund se informele nedersetting DRC met 710 gram dagga ter waarde van N$35 570 gearresteer.
Tussen Vrydag omstreeks 17:30 en Saterdag omstreeks 16:45 is vier verdagtes tussen die ouderdom van 28 en 44 by die padblokkade tussen Windhoek en Rehoboth in hegtenis geneem. Die polisie het 16 880 gram dagga (17 pakkies) ter waarde van N$844 000 gekonfiskeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie