Dagga by die kilogramme
Die owerhede het beslag gelê op dagga ten bedrae van miljoene dollar.
Denver Kisting
'n Suid-Afrikaanse man verskyn na verwagting vandag in die Keetmanshoop-landdroshof weens die beweerde besit van 244 kg se dagga.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het gistermiddag gesê dié man is glo gisteroggend omstreeks 10:30 met die dwelms met 'n geskatte straatwaarde van N$2,44 miljoen in die Suide betrap.
Hy is by 'n padblokkade buite Keetmanshoop in hegtenis geneem, sê Shikwambi.
Die dwelms is na bewering in 'n vragmotor vervoer.
Sy het 'n ernstige waarskuwing namens die polisie aan dwelmsmouse gerig.
Hulle moet lig loop, sê sy.
Die polisieondersoek duur voort, het sy gistermiddag gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie