Dagboek vir die landbouer
KORTKURSUSSE VIR LANDBOUERS
Agra ProVision bied die volgende kursusse in Windhoek aan:
· Plaasinfrastruktuur vanaf 16 - 17 Julie (N$2 300);
· Intensiewe pluimveeproduksie vanaf 20 - 22 Julie (N$2 750); en
· Tuinbou vanaf 23 - 24 Julie (N$2 300).
Vir meer inligting, kontak Agra ProVision by 061 290 9208, apv[email protected].
MEATCO VERGADER MET BOERE
Meatco se skakelvergaderings vandeesweek is die eerste in jare tussen lede en die topbestuur en streekvoorsieningsbeamptes, en wel oor die uitvoerabattoir se situasie tans.
Daar word ’n beroep op boere gedoen om dit by te woon en sinvol oor die toekoms van die beesvleisbedryf te besin. Die eerste vergadering was gister op Gobabis. Die res van die week lyk so:
· 14 Julie om 09:00 in Windhoek by Nipam in Olympia;
· 15 Julie om 09:00 in Otjiwarongo by C’est Si Bon Lodge; en
· 16 Julie om 09:00 in Grootfontein in die NG-kerksaal.
OSIRE-WATERBERG SE LEDE VERGADER
Hierdie BV hou ’n vergadering op 21 Julie om 15:00 in die BV-saal. Kontak Natasha McLoud by 067 303390, [email protected].
OOM SIGGI MOHRMANN SE LEWE GEDENK
Die gedenkdiens vir wyle oom Siggi Mohrmann wat in Maart in 'n motorongeluk buite Otjiwarongo gesterf het, vind op 23 Julie plaas.
Dit word om 11:00 by Blaauwberg se veilingskrale gehou. Dit moes vanweë die Covid-19-inperkingsmaatreëls uitgestel word.
Vir navrae, kon Therèse Gerber 081 124 7760.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie