Dagboek vir die landbouer

04 September 2018 | Landbou
Veldskiet-kompetisie by Onder-Nossob

Die Onder-Nosseb BV bied Saterdag ’n veldskiet-kompetisie aan. Inskrywings beloop N$500 (span), N$250 (enkel) en N$150 (kinders bo 16). Die wenspan (vier lede) kan N$10 000 losskiet, terwys mans (enkel) N$5 000 en vroue (enkel) N$3 000 kan wen. Die kinders se pryse is ’n verrassing.

Die aand word daar gekuier en gedans en dit kos N$150 per persoon, wat die ete insluit.

Vir meer inligting kontak Danny of Elana by 063 275 239 of 081 222 1773.

Grootfontein trek saam vir Oesfees

Grootfontein se jaarlikse Oesfees vind Saterdag op die plaas Venus van Klaas Malan plaas.

Dit is sowat 20 km van Grootfontein op die meteorietpad (Otavi-rigting). Die fees begin om 10:00 met skyfskiet, ‘n kinderprogram, stalletjies, ‘n tuinpraatjie deur Efekto se Riaan Momberg en ander items.

Die tema vanjaar is “Grondbiologie” en ‘n aanbieding deur dr. Ronel Hendricks beloof om insiggewend te wees. Mnr. Koos Bezuidenhout, ‘n bekende boer van Ottosdal, kom vertel van boere in die Noordwes-provinsie se strategieë om te midde van swak graanpryse te oorleef.

Die dag word afgesluit met die Mej. Oesfees-kompetisie, ’n spitbraai en ’n dans. Vir meer inligting kontak Klaas Malan by 081 124 0463, Wim Lubbe by 081 124 0239 of Herman Stroh by 081 258 1720.

Dordabis se lede vergader

Hierdie BV hou ‘n ledevergadering op 13 September om 14:00 in die BV-saal. Die gassprekers is mnre. Andre Botes en Tobie le Roux. Kontak Christine Romeis by 061 231 230 of [email protected]

Soortgelyk

 

Mangaan-uitvoere kry groen lig

7 minute gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) het ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) aan die Suid-Afrikaanse maatskappy TradePort Namibia CC uitgereik. Dié maatskappy...

Dorpe se leierskapsvrae gepak

7 minute gelede | Regering

Augetto Graig - Die regerende party het Maandag ’n dringende vergadering by hul hoofkantoor in Windhoek gehou, waartydens besluit is raadslede wat onlangs vir Rundu...

Weer vir 21 Februarie 2019

7 minute gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Aussenkehr se nood tydelik verlig

7 minute gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Tafeldruifprodusente en die boere wat ander gewasse op die oewer van die Oranjerivier by Aussenkehr verbou, het Dinsdagaand ’n sug van verligting...

Meer as ’n taal

7 minute gelede |

Lloyd Zandberg - Vandag vier miljoene mense oraloor die wêreld Wêreldmoedertaaldag. Dié dag is sedert 2000 ingestel om die behoud en ontwikkeling van alle tale...

Versorging ná oorplanting ‘boul’ gesin uit

7 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Hoewel dit goed gaan met ’n Namibiese seuntjie wat verlede jaar ’n nieroorplanting in Suid-Afrika ondergaan het, is sy gesin “uitgeboul” deur...

Katjavivi ontken Diescho-bewerings

7 minute gelede | Regering

Catherine Sasman - Die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, het ontken hy het die beleërde prof. Joseph Diescho se deelname aan...

Pack Safari-toere vaar uitstekend

7 minute gelede | Toerisme

Pack Safari is een van die talle ­inskrywings in die 2019 Volhoubare Toerisme-toekennings (RTA) se toeroperateur-afdeling, wat deur Namibia Media Holdings (NMH) aangebied word.Pack Safari...

Drie ontsnaptes weer vas

7 minute gelede | Misdaad

Tanja BauseDrie van die vier moordverdagtes wat verlede week uit polisieaanhouding op Swakopmund ontsnap het, is in Angola in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie...