Dagboek vir die landbouer
Agra hou jaarvergadering
Onthou Agra se jaarvergadering Vrydag om 09:00 by die Agra/Bank Windhoek Ring by die Windhoek Skougronde. Verdere besonderhede kan verkry word van Albé Snyman by 061 2909364. Die jaarverslag is beskikbaar op die webtuiste by www.agra.com.na.
FANMeat se kantore sluit
Produsente moet asseblief kennis neem dat die veebrand-, oorplaatjie- en NamLits-kantoor sal sluit gedurende die vakansietyd. Geen e-posse, oorplaatjiebestellings, NamLits-navrae of veebrandsake sal vanaf 20 Desemberhanteer word nie. Produsente word versoek om asseblief oorplaatjietransaksies af te handel en bestellings te plaas voor 19 Desember. Die kantoor sal op 20 Desember om 12:00 sluit. Omdat daar op die 20ste voorraadtelling sal wees, sal geen bestellings of navrae op dié dag hanteer word nie. Die kantoor heropen weer op 8 Januarie om 08:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie