Dagboek vir die landbouer

27 August 2019 | Landbou
Kom leer van hidro- en akwaponika

Die spesialisafdeling ProVision by Agra bied vandag en môre 'n kursus in Hidroponika en Akwaponika in Windhoek aan. Die kursus duur daagliks van 08:00 – 16:30 en kos N$2 300 per persoon. Bel 061 2909802 of stuur ‘n e-pos na [email protected] vir meer inligting.



Leonardvillers kom byeen

Hierdie BV vergader vandag om 15:00 in die BV-saal. Hennie Gous en Axel Röder is die gaste. Kontak vir Johannie Brenkmann by 081 122 4178 of [email protected] vir meer inligting.

Kalkfelders hou jaarvergadering

Die Kalkfeld Boerevereniging hou môre sy jaarvergadering. Dit begin om 08:00 (vir 08:30) en dit vind op Plaas Immenhof van Annelien en Werner von Seydlitz plaas. Vir meer inligting, kontak vir Silke von Gossler by 067 290119, of [email protected]

Grondboonboere kon byeen

Die Grondboonvereniging van Namibië hou Donderdag sy ledevergadering en bied daarmee saam ‘n inligtingsessie op Grootfontein aan. Buiten die normale interne sake op die agenda sal Wessel Higgs en Loureine Muller van Triotrade gesels oor die 2019-’20-seisoen se vooruitskouing asook 2020 se saad kultivars.

Verder is ‘n boeredag ook gereël wat om 12:30 afskop. Dit bied ‘n vol program met interessante sprekers. Charl Baard kom praat oor voersorghums en dekgewasse, Gernot Eggert kom deel sy praktiese ervaringe oor hioe hy in 2019 oorleef, Jakkie Oosthuisen gesels oor meerjarige gras met kwaliteit en tonne, Klaas Malan deel die geheim van voerproduksie met 200 mm, Gerhard Olivier van Geofarm stel satellietmonitering vir gewastoestande en –gesondheid bekend en laastens sal Olaff Bergh van Agra praat oor voorrade op die vloer en tegniese hulp aan boere.

Kontak Dawie Kok by [email protected] of 081 261 6173.

Stamprieters hou skou

Die Stampriet Skou vind van 2 – 6 September plaas en die Nasionale Boerbokkampioenskappe word tydens die skou aangebied. Vir verdere navrae kontak vir Jaco Kotze by 081 442 2122, [email protected]

Oesfees is om die draai

Die jaarlikse Oesfees op Grootfontein vind op 7 September by die skougronde plaas. Die weerman Johan van den Berg van Santam in Suid-Afrika sal weersake bespreek en by die vroueprogram vertel Rhona Strauss hoe om ‘n bordjie soet- en soutversnapperings te maak. Sy bied ook ‘n praatjie aan oor die “Man in die Kombuis”.

Verdere navrae ook Rhona se program kan gerig word aan Zea Engelbrecht by 081 124 4419. Daar word ook ‘n skryfskietkompetisie om 09:00 aangebied.

Registrasie beloop N$100 vir volwassenes en N$50 vir kinders, waarby koffie, koek en aandete ingesluit is. Kontak vir Johan Enslin by 081 296 4257 of Madelein Malan by 081 242 5456 vir meer inligting.

Soortgelyk

 

Geld rol vir ramp

7 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die regering se N$8-miljardvoorskrif teen die ekonomie se Covid-koors is gister deur ekonome verwelkom, veral omdat dit amptelik as die eerste fase...

Baba jongste Covid-19-geval

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - ’n Nege maande oue baba is saam met sy pa die nuutste twee gevalle van Covid-19 in Namibië. Dit bring die nasionale...

Só werk landbou in inperkingstyd

7 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Tydens die inperkingstyd mag naweekboere nie heen en weer vanaf hul plase en wonings in dorpe beweeg nie. Voltydse boere en plaaswerkers...

NMH skenk toerusting, kospakkies vir padblokkades

7 ure gelede | Gesondheid

In ’n poging om die vinnige vloei van noodsaaklike vragverkeer by die vier padblokkades na die Khomasstreek te bewerkstellig, het Namibia Media Holdings (NMH) gister...

Noodtoestand: ‘Niks is normaal’

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê Namibiërs bevind hulle midde-in ’n buitengewone situasie. “Ons is in ’n noodtoestand. So, niks...

Weer vir 2 April 2020

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in die...

Pandemie slaan toerismebedryf hard

7 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die toerismebedryf gaan heel waarskynlik die hardste deur die Covid-19-pandemie getref word. Só sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië...

Fishrot-hokaairoeper glo gedreig, vergiftig

7 ure gelede | Misdaad

Catherine Sasman – Mnr. Jóhannes Stefánsson, hokaairoeper in die internasionale korrupsieskandaal, oftewel die Fishrot-sage, het aan Yslandse verslaggewers gesê hy is al verskeie kere vergiftig...

Fitch gradeer SA banke verder in rommel in

7 ure gelede | Afrika

Nellie Brand-Jonker - Fitch het die vyf groot banke van Suid-Afrika naamlik Absa, FirstRand, Investec, Nedbank en Standard Bank verder in rommel afgradeer.Alle nasionale langtermyngraderings...