Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Elvira Hattingh
Agra ProVision se kortkursusse:

• 5-6 Augustus: Hidroponika en akwaponika in Windhoek

• 11-12 Augustus: Hidroponika en akwaponika op Walvisbaai/­Swakopmund.

• 8-19 Augustus: Beesteling vir ­beginners in Windhoek.

• 20-21 Augustus: ­Groenteverbouing in Windhoek.

Kontak Agra ProVision by 061 2909208, [email protected]

Leonardville BV

Hierdie boerevereniging hou 'n vergadering op 13 Augustus om 15:00 in hul BV-saal. Vir meer inligting, kontak Johannie Brenkmann by 081 1224178 of [email protected].

Westelike Khomas BV

Hierdie boerevereniging hou 'n vergadering op 19 Augustus om 15:00 in die Harmonie BV-saal. Vir meer inligting kontak Amanda Greeff by 064 551 565 of [email protected].

Meatco se jaarvergadering

Die algemene jaarvergadering word op 21 Augustus om 09:00 by die Nipam-kampus in Olympia, Windhoek gehou. Geregistreerde lede mag die vergadering bywoon en ook stem. Meer inligting is by die Meatco-hoofkantoor by 061 303 315 beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2026-07-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer