Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Agra ProVision bied dié kursus aan

‘n Kursus in basiese plaasbestuur vind vanaf 19 – 22 Februarie in Windhoek plaas. Die impak van behoorlike weidingsbestuur, arbeid, die belangrikheid van rekordhouding, ens. sal bespreek word en die koste beloop N$3 070 per persoon. Vir meer besonderhede oor hierdie kursusse, kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].

Vergadering op die plaas Kroonster

Die Omuramba BV hou 'n vergadering op 13 Februarie om 15:00 op die plaas Kroonster by Gobabis. Kontak vir Jolandie Steyn by 081 745 2069, [email protected].

Nina-lede môre byeen

Nina se BV hou môre om 14:00 ‘n ledevergadering in die BV-saal. Kontak vir Irene Human by 062 581617, [email protected].

Leonardville trek saam

Hierdie boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 22 Februarie om 17:00 in die BV-saal. Die sprekers is ‘n verteenwoordiger van Dean Nutrifeeds, die NLU se streeksverteenwoordiger vir Mariental, Jaco van Wyk en die voorsitter van die Mariental SLU, Chris Smith. Verdere besonderhede is verkrygbaar by Johannie Brenkman by 062 581108, [email protected].

Praktiese vuurwapenkursus aangebied

‘n Praktiese vuurwapenkursus word vanaf 23 – 25 Februarie op die plaas Dornhügel by Grootfontein aangebied. Dit kos N$950 per persoon en daar is ‘n minimum van 250 rondes. Vir verdere besonderhede en om aan te meld kontak vir Goetz Nederlof by 081 474 1580, [email protected].

NLU hou ope dag op Gobabis

Die Gobabis SLU bied op 27 Februarie om 08:00 'n NLU ope dag aan by die Omateko Lodge op pad na Buitepos. Registrasie begin om 07:00 en die inskrywingsfooi is N$50 per persoon. Na afloop van die vergadering word daar in die namiddag 'n LTR2-kurses aangebied waar mnr. Johan de Jager die spreker sal wees. Meer inligting hieroor sal binnekort bekend gemaak word. Kontak vir Willem Boshoff by 081 241 1740, [email protected].

Toekoms van vleisproduksie onder die loep

Mariental se SLU bied op 28 Maart vanaf 07:30 'n motiveringsdag onder die tema “Die toekoms van vleisproduksie”. Verdere besonderhede kan verkry word van Antoinette Burger by 063 293 330, 081 284 2744 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer