Dagboek vir die landbouer
LPO, NLU HOU KONGRES
Die LPO-kongres word op 9 Oktober om 08:00 en die NLU-kongres op 11 Oktober by die Safari Hotel in Windhoek gehou. Die tema vir beide is: “Die vereiste en grondslag vir werkskepping en waardetoevoeging.”
Die amptelike opening van die NLU-kongres vind op 11 Oktober vanaf 08:00 tot 10:30 as ’n ontbytgeselligheid ook by die Safari Hotel plaas. Die openingspreker is die besturende direkteur van AgriBank, mnr. Sakaria Nghikembua.
VOORUITSKOUING VIR LANDBOU
Die Landbou-vooruitskouingskonferensie wat sedert 2012 elke twee jaar deur die NLU aangebied word, vind weer hierdie jaar op 10 Oktober by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Windhoek plaas.
Die hoofdoel van die konferensie is om 'n geleentheid te skep vir die landbousektor in die land om gesamentlike kwessies te bespreek, asook om inligting aan produsente te verskaf van wat in die toekoms verwag kan word in terme van die ekonomie, pryse en markte.
Die bespreking gaan fokus op idees wat groei in die landbousektor kan aanvuur.
LEER VAN HOLISTIESE BESTUUR
‘n Inleidingseminaar vir Holistiese Bestuur word vanaf 12 tot 14 Oktober op Plaas Krumhuk buite Windhoek aangebied. Almal is welkom en meer besonderhede kan verkry word van Wiebke Volkmann by 081 127 0081 of [email protected]
STEINHAUSEN BV SE LEDE VERGADER
Steinhausen BV hou ‘n ledevergadering op 17 Oktober om 15:00 te Plaas Steinhausen. Gassprekers is mnre Roelie Venter van die NLU en Dries Strydom van Paratus Telecom. Vir verdere besonderhede kontak Monika Rumpf by 062 561 423 of [email protected]
OKOTOBERFEES OP KAMANJAB
Kamanjab BV hou sy jaarlikse Oktoberfest op 20 Oktober om 18:00 by die BV-saal. Daar is egte Oktoberfest-musiek en kos. Talle peletjies sluit in mopaniestompsaag, bierbeker-optel, unieke olifantdrolstootkompetisie, asook bakstene optel vir die manne. Groot pryse kan gewen word en die toegang beloop N$100 vir volwassenes en N$50 vir kinders. Verdere besonderhede kan verkry word van Willem Smith by 081 129 2835 of Flip Liebenberg by 081 127 6433.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie