Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Speenkalf- en vleisdag op Grootfontein

Die Grootfontein Boerevereniging en Streekslandbou-unie bied vandag 'n ope speenkalfkompetisie en vleisdag by die skougronde aan. Om 08:00 vind die evaluasie van die kalwers plaas. Registrasie begin om 14:30 en om 15:00 word die Wagyu-beesras bekend gestel. Die Vleisraad gaan praat oor die toekoms van slagbeesproduksie en bemarking. Om 18:45 is die prysuitdeling en om 19:00 vind 'n steakbraai plaas.

Die speenkalwers is reeds gister om 14:00 by die Blaauwberg-veilings­krale afgelaai en ingeweeg en word môre op die Blaauwberg-veiling verkoop. Kontak vir Willem Enslin by 081 230 5078 of [email protected].



Sonop se lede vergader vandag

Hierdie boerevereniging hou vandag 'n ledevergadering wat om 14:00 in die BV saal op die plaas Frauenhofen begin. Die sprekers is Steven Lochner and Manie Botha. Kontak vir Cheryll Pienaar by 081 292 5086 of [email protected].



Maltahöhe BV vier 70 jaar

Hierdie boerevereniging vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar en kom môre om 10:00 op die plaas Breckhorn van Klasie en Drien Dreyer hiervoor byeen. Alle oudlede word genooi om die dag saam te geniet. In die oggend vind die gewone ledevergadering plaas en na die middagete skop die feesviering van die 70ste verjaardag af. Daar sal 'n kort geskiedkundige oorsig gegee word, asook gedigte voorgelees en liedjies gesing word gesing. Kontak vir Drien Dreyer by [email protected] of vir Ernst Sauber by [email protected].



Gholfdag op Gobabis gehou

Leonardville BV hou Saterdag 'n gholfdag by die gholfklub op Gobabis om geld in te samel vir die veilingskrale. Dit is die eerste boerevereniging wat 'n gholfdag aanbied. Alle boereverenigings en sakeondernemings is welkom om in te skryf teen N$2 500 per span van 4 spelers. Die eerste prys is N$6 000 se vleis. Kontak vir Johannie Brenkman by 081 122 4178, of [email protected].



Boeredag op Summerdown aangebied

Hierdie BV hou 'n boeredag onder die tema “Gesonde weiding en die verhoging van vleisproduksie”. Dit vind op 5 Julie om 08:30 by die BV-saal op Summerdown plaas. Die sprekers is Johan Zietsman van Zambië wat oor ultrahoë drukbeweiding gaan praat, asook oor hoe om die regte beeste te teel. Gerhard Weber van Suid Afrika sal praat oor probiotika produkte vir gebruik in die lek. Meld aan by Rienie du Plessis by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer