Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Osire, Waterberg se boere vergader

Die Osire-Waterberg BV hou ‘n vergadering op 6 Augustus om 15:00 in die BV-saal. Die sprekers is Derick Strauss, Marius de Klerk, Frans Krone en Mac McLoud. Kontak vir Natasha McLoud by 067 303390, [email protected] vir meer inligting.

Houtskoolbedryf op Otjiwa byeen

Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) hou sy jaarvergadering en Biomassategnologie Ekspo op 9 Augustus by die Otjiwa Safari Lodge buite Otjiwarongo. Vir verdere besonderhede, kontak vir Roelien Coffee by 081 124 0081 of [email protected].

Grünau se winterskool om die draai

Die Grünau BV bied sy jaarlikse Winterskool op 15 Augustus in die BV-saal aan. Die program begin om 07:00 met registrasie en ontbyt. Vanjaar is die sprekers Ryno van der Merwe en Roelie Venter van die NLU, Pieter van Schalkwyk, Burre Burger en Pieter de Villiers.

Die dag word met ‘n steakbraai afgesluit. Registrasie beloop N$250 per persoon, waarby die ontbyt, middag- en aandete ingesluit is. Vir verdere besonderhede, kontak vir Sonia by 081 209 7959.

Skietkompetisie by Onder-Nossob aangebied

Die Onder-Nossob BV bied die 2019 skietkompetisie op 17 Augutus by die BV-saal aan. Inskrywings word gedoen op 16 Augustus die aand en vroeg die oggend van 17 Augustus. Dit koste beloop N$500 per persoon vir spanne van 4 lede en N$250 per persoon vir enkelinskrywings. Daar is ook geleentheid vir kinders onder 10 jaar om met ‘n .22-geweer te skiet. Kampering is beskikbaar teen N$100 per voertuig. Die prysuitdeling is om 18:00 op 17 Augustus en daarna word ‘n ete en dans aangebied wat N$150 per persoon kos. Kinders onder 13 jaar betaal halfprys. Vir inskrywings en navrae, kontak vir Jaco Olivier by 081 887 8405.

Kom leer van Nguni’s

Die Ngnuni Telersvereniging hou ‘n twee dag langer beginnerskursus op 20 en 21 Augustus op die plaas Teufelsbach ongeveer 40 km noord van Windhoek. Belangstellendes kan Thomas tot 31 Julie by 081 124 8400 of [email protected] om aan te meld kontak.

Westelike Khomas se lede vergader ook

Die boerevereniging van Westelike Khomas hou ‘n ledevergadering op 21 Augustus om 15:00 in die Harmonie BV-saal. Kontak vir Amanda Greeff by 081 2596108, [email protected] vir meer inligting hieroor.

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer