Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Napha vergader vandag

Die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) se jaarvergadering vind vandag by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Windhoek plaas. Vanaand word ‘n galadinee en veiling gehou en die toegang daarvoor is N$550 per persoon. Vir verdere besonderhede, skakel die Napha-kantoor by 061 234455.

Landbougemeenskap oor kragprojek ingelig

Die fokusgroep vir boere en grondeienaars oor wat as die Global Energy Transfer Feed-in Tariffs (GET Fit) bekend staan, vergader Vrydag van 08:30 – 13:00 (insluitende middagete) by die Makalani Hotel op Tsumeb.

Almal wat belangstel om meer besonderhede oor GET FiT te kry en die moontlikheid om biomassa aan die beplande NamPower-aanleg vir elektrisiteit uit biomassa te lewer, is welkom.

Meld aan by Dagmar Honsbein by 081 149 1086 of [email protected].

Witvlei sluit die jaar af

Witvlei BV hou sy laaste ledevergadering en jaarafsluiting vir 2018 Saterdag om 17:00. Vir verdere besonderhede, kontak vir Renda Grobbelaar by 081 304 1299 of [email protected].

Osire-Waterberg sluit ook af

Hierdie boerevereniging sluit ook die jaar Saterdag om 17:00 by sy BV-saal af. Windbuksskiet, veerpyltjies en ander kompetisies sal plaasvind en die dag word met ‘n ete en dans afgesluit. Gaste betaal N$50 per persoon en voorskoolse en laerskool kinders kan dit gratis bywoon. Kontak vir Natasha McLoud by 081 287 6045 of [email protected] vir meer inligting.

Ariamsvlei vier 70 jaar

Hierdie BV in die Suide vier sy 70ste bestaansjaar Saterdag en sluit sommer ook die jaar daarmee af. Dit vind plaas op Ariamsvlei by die Samekomsaal plaas en begin om 16:00. Daar is ‘n heerlike steakbraai en dans die aand saam met die gaskunstenaar Wynand Windpomp. Kontak vir Rian Lombard by 081 637 7789 of [email protected] of vir Riaan Fourie by 081 146 6505 of [email protected].

Steinhausen hou sy jaarvergadering

Hierdie BV se jaarvergadering vind op 8 Desember om 15:00 in die BV-saal op Steinhausen plaas. Die gassprekers Frikkie Engels, Bennie Beukes en Jürgen Matthaei. Vir meer inligting, kontak vir Monika Rumpf by 062 56 1423 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer