Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Suiwelprodusente vergader by Mariental

Die Suiwelprodusentevereniging (SPV) hou sy algemene jaarvergadering vandag op die plaas van sy voorsitter, Kokkie Adriaanse, buite Mariental. Dr. Tom Tolmay en me. Liza-Marie Taljaard is die gassprekers. Die onderwerpe wat bespreek gaan word benewens die druk waaronder die melkbedryf verkeer, is die gesondheid en sorg van ‘n melkkudde en die grootmaak van kalwers op Blossom. Daar sal ook ‘n praktiese demonstrasie wees.

Hochfeld BV hou ‘n ledevergadering

Hochfeld Boerevereniging se lede vergader vandag om 15:00 in die Hochfeld Agri-boereverenigingsaal. Die gassprekers is Michael Degé van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) wat oor bosbenutting praat en Werner Kruger van KaapAgri wat oor produkte en dienste by die Hochfeld-tak sal praat. Vir verdere inligting, kontak vir Bianca Marggraff by 062 504211 of [email protected].

Opleiding vir pluimveeboere

Agra ProVision bied van vandag tot Donderdag opleiding vir puilveeprodusente in Windhoek aan. Behuising vir pluimvee, biosekuriteit en veiligheid, die bestuur van siektes en ander bestuurkwessies word bespreek. Die opleiding duur vanaf 08:00 – 16:30 daagliks en beloop N$2 500 per persoon. Kontak Agra ProVision by 061 2909208, [email protected].

Houtskoolbedryf op Otjiwa byeen

Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) hou sy jaarvergadering en Biomassategnologie Ekspo op 9 Augustus by die Otjiwa Safari Lodge buite Otjiwarongo. Vir verdere besonderhede, kontak vir Roelien Coffee by 081 124 0081 of [email protected].

Grünau se winterskool om die draai

Die Grünau BV bied sy jaarlikse Winterskool op 15 Augustus in die BV-saal aan. Die program begin om 07:00 met registrasie en ontbyt. Vanjaar is die sprekers Ryno van der Merwe en Roelie Venter van die NLU, Pieter van Schalkwyk, Burre Burger en Pieter de Villiers.

Die dag word met ‘n steakbraai afgesluit. Registrasie beloop N$250 per persoon, waarby die ontbyt, middag- en aandete ingesluit is. Vir verdere besonderhede, kontak vir Sonia by 081 209 7959.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer