Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Praktiese kortkursusse vir landbouers

Agra ProVision bied die ­volgende kursusse aan: Lek en voer vanaf 1 - 2 Julie in Windhoek (N$2 300); Toegepaste dieregesondheid (2de sessie) vanaf 8 - 9 Julie in Windhoek (N$2 300); Pluimveeteling vir beginners vanaf 13 - 14 Julie in Windhoek (N$2 300); Plaasinfrastruktuur vanaf 16 - 17 Julie in Windhoek (N$2 300); Intensiewe pluimveeproduksie vanaf 20 - 22 Julie in Windhoek (N$2 750); Tuinbou vanaf 23 - 24 Julie in Windhoek (N$2 300).

Vir meer inligting, kontak Agra ProVision by 061 290 9208, apv­[email protected].



Seeis se boere hou ­ledevergadering

Hierdie BV hou môre 'n ledevergadering wat om 15:00 in die BV-saal by Otjihaenena begin. Mnre. Roelie Venter van die Namibië Landbou-unie (NLU) en Jürgen Hoffmann van die Vuurwapeneienaarsvereniging van Namibië (Goan) is die gassprekers. Kontak Andrea Beer-Dennler: 081 149 0822, [email protected].



Witvleiers ook byeen

Witvlei BV se lede vergadering ook môre om 15:00 in die Boerehuis by dié nedersetting. Mnr. Norbert Neumann van Voermeester lewer 'n praatjie. Kontak vir Renda Grobbelaar: 081 3041299, [email protected].



Kalkfeld bv hou binnekort jaarvergadering

Kalkfeld BV hou sy ­jaarvergadering op 7 Julie om 08:00 vir 08:30 op Plaas Radio van die Du Toits en Jouberts (volg die D2403-grondpad). Tydens die vergadering sal 'n nuwe bestuur gekies word. Meld voor 29 Junie aan by Elana Joubert: 081 281 1756, [email protected]. Vir verdere navrae, kontak Silke von Gossler: 067 290119, [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer