Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Agra ProVision bied dié kursusse aan

13-14 Oktober

· Toegepaste dieregesondheid, tuinbou

15 – 16 Oktober

· Hidro- en akwaponika

19-21 Oktober

Intensiewe pluimveeproduksie

Die kursusse word in Windhoek aangebied. Vir meer besonderhede, kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].

Summerdown se lede vergader

Hierdie boerevereniging hou ’n ledevergadering op 20 Oktober in die BV-saal. Die sprekers is Christoph Knye, Anke Metzger en Hanlie Winterbach. Vir meer inligting bel Rienie du Plessis by 062 561621, of per e-pos by [email protected].

Westelike Khomas se boere byeen

Hierdie boerevereniging hou 'n vergadering op 21 Oktober om 14:00 in die BV-saal by Harmonie. Vir meer inligting, kontak vir Amanda Greeff by 081 259 6108 of [email protected].

Ekonome neem landbou onder loep

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN) se jaarkongres op 21 Oktober het vanjaar ’n landboutema en handel oor die “optimale benutting van die landboupotensiaal vir Namibië se ontwikkeling”. Dit vind by die Safari Hotel plaas, maar word ook regstreeks uitgesaai op die Facebook-blaaie van Die Boer en Republikein.

Die doel is om kenners vir betekenisvolle gesprekvoering byeen te bring, waarna sleutelvoorstelle uit die konferensie in die vorm van 'n verslag met beleidsmakers, finansierders en die skenkersgemeenskap gedeel sal word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer