Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Agra ProVision bied ­boerderykursusse aan

Agra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober een oor skrophoenderproduksie. Van 13-14 Oktober word kursusse in toegepaste dieregesondheid en tuinbou aangebied en van 15–16 Oktober 'n kursus in hidro- en akwaponika. Vir meer besonderhede, bel 061 290 9208 of stuur 'n e-pos na [email protected].



Westelike Khomas

se boere byeen

Hierdie boerevereniging hou 'n vergadering op 21 Oktober om 14:00 in die BV-saal by Harmonie. Vir meer inligting, kontak vir Amanda Greeff by 081 259 6108 of [email protected].



EAN plaas landbou onder loep

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN) se jaarkongres op 21 Oktober het vanjaar 'n landboutema en handel oor die “maksimum benutting van landboupotensiaal vir Namibië se ontwikkeling”. Dit vind by die Safari Hotel plaas, maar word regstreeks op die Facebook-blaaie van Die Boer en Republikein uitgesaai.

Die doel is om kenners vir betekenisvolle gesprekvoering byeen te bring, waarna sleutelvoorstelle uit die konferensie in die vorm van 'n verslag met beleidsmakers, finansierders en die skenkingsgemeenskap gedeel sal word.

Kommentaar

Republikein 2025-08-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer