Dagboek vir die landbouer

11 February 2020 | Landbou
Summerdown-boerevereniging hou vergadering

Summerdown-boerevereniging hou 'n ledevergadering op 11 Februarie om 15:00 in die boereverenigingsaal. Die gasspreker is mnr. Michael Degé van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA), wat oor die toekoms van nie-FSC-houtskool gesels. Vir meer besonderhede, kontak me. Rienie du Plessis by 062 561 621 of [email protected]



­AgriCulture Alive HOU

INLIGTINGSESSIE

Agriculture Alive bied op 13 Februarie om 18:00 'n inligtingsessie oor die versterking van die boerderyfondasie aan. Die aanbieders is Gunther Roeber en Wiebke Volkmann. Dit word by Jeppestraat 2 in die noordelike nywerheidsgebied agter Wecke & Voigts Wholesale aangebied. Geen registrasiefooi word gevra nie, maar wel skenkings. Vir meer ­besonderhede, kontak Wiebke Volkmann by 081 127 0081.



Stampriet hou ­vergadering

Stampriet-boerevereniging hou hul eerste ledevergadering op 14 Februarie om 15:00 in die Stampriet-boere­verenigingsaal. Die aand word 'n fondsinsamelingsdans en -ete gehou. Dit kos N$150 per persoon en kaartjies is by Kaap Agri op Stampriet of by Hennie Theron Sentra beskikbaar. Plek kan ook by Jaco Kotze by 081 442 2122 of [email protected] bespreek word.



Skoolfondskompetisie

Privaatskool Excelsior op Aroab bied 'n kompetisie aan om ouers, wat weens die afgelope droogte swaarkry, te help om skoolfonds te betaal. Kaartjies kos N$50 en groot pryse is op die spel: ses nagte by Gondwana, 'n Tikka-geweer ter waarde van N$39 750, asook ­jagpakkette wat beeste, koedoes, gemsbokke, springbokke en skape insluit. Vir meer besonderhede kontak Charlene Lombard by 081 401 2548 of stuur 'n e-pos aan [email protected]



Agra ProVision-kursusse

Agra ProVision bied die volgende kursusse in Windhoek aan: 'n Lek- en voerkursus van 18 tot 19 Februarie, 'n hidroponiese en akwaponiese kursus van 18 tot 19 Februarie, asook 'n kursus oor kommersiële varkproduksie van 25 tot 27 Februarie. Al die kursusse kos N$2 300 per persoon, buiten die kursus oor varkproduksie, wat N$2 750 per persoon kos. Kontak Agra Provision by 061 290 9208 of [email protected]



Opleidingskamp vir ­plaaswerkers

Dassies Farm Workers Training bied 'n eerste in sy soort opleidingskamp vir plaaswerkers aan, waartydens praktiese en teoretiese opleiding aangebied sal word in dosering, die tel van diere, draadspan en tuinbou. Maatskaplike kwessies soos gesondheid en veiligheid, higiëne, geslagsgeweld, kommunikasie, die belangrikheid van 'n plaaswerker en alkohol- en dwelmmisbruik sal ook bespreek word. Die opleiding begin op 3 April op die plaas Dassiesfontein, 30 km buite Mariental. Inskrywings sluit op 28 Februarie en kos N$2 500. Vir inskrywingsvorms of meer inligting, kontak die organiseerders by [email protected], 081 637 7711 of 081 294 2113.

Soortgelyk

 

Making sparks along the way

14th of July 15:50 |

Here she talks about the highs and lows of her journey in a mostly male-dominated profession.Q:What is your biggest source of inspiration?A:I’m mostly inspired by...

How to Winter-Proof your garden

14th of July 15:16 |

Q:What can I do to protect the plants in my garden during winter months?A:Start by preparing in advance to ensure that your plants have a...

Dinner in the sky

14th of July 15:02 | Kuns en vermaak

FlyDining is a combination of adventure and fine dining that is currently being practised in over 45 countries in the world.It involves 24 diners being...

Keep that bloodsucker away

14th of July 14:58 |

The mosquito is not just considered to be a pest, but is also the world’s deadliest insect, causing a million deaths each year because it...

Delicious dishes at Olupale Traditional Restaurant

14th of July 14:28 | Kuns en vermaak

For a guaranteed friendly experience along with outstanding food and an interesting atmosphere, Olupale Traditional Restaurant promises to deliver.Having opened its doors on 1 August...

Mopane worm pizza for dinner

14th of July 10:33 | Kuns en vermaak

Stepping under the thatch roof of Xwama Cultural Village and Traditional Restaurant, you can literally dig your feet into the sand decorating the first floor....

On a culinary adventure with Godenfang

14th of July 10:03 | Kuns en vermaak

Established last year, Godenfang Urban Farm and Kitchen is all about fresh ingredients, good food and great vibes. Godenfang is a German word that means...

A trip to Bombay or a Mexican Fiesta

14th of July 09:35 | Kuns en vermaak

Cooking classes make for an enjoyable bonding time with friends and family, or a unique way to celebrate a special occasion like a birthday, kitchen...

Building a dollhouse from shoeboxes

14th of July 09:31 |

The building plan:There are a plethora of ideas, information and videos readily available on the internet for this DIY project. You could try simplekidscrafts.com or...