Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Grünau se winterskool

om die draai

Die Grünau BV bied sy ­jaarlikse Winterskool op Donderdag 15 ­Augustus in die BV-saal aan.

Die program begin om 07:00 met registrasie en ontbyt. Vanjaar is die sprekers mnre. Ryno van der Merwe en Roelie Venter van die NLU, Pieter van Schalkwyk, Burre Burger en Pieter de Villiers.

Die dag word met 'n steakbraai afgesluit. Registrasie beloop N$250 per persoon, waarby die ontbyt, middag- en aandete ­ingesluit is.

Vir meer inligting, kontak Sonia by 081 209 7959.



Skietkompetisie by ­Onder-Nossob aangebied

Die Onder-Nossob BV bied die 2019-skietkompetisie op Saterdag 17 Augutus by die BV-saal aan. ­Inskrywings word gedoen op 16 Augustus die aand en vroeg die oggend van 17 Augustus.

Die koste beloop N$500 per persoon vir spanne van 4 lede en N$250 per persoon vir enkel­inskrywings.

Daar is ook geleentheid vir kinders onder 10 jaar om met 'n .22-geweer te skiet.

Kampeerplek is beskikbaar teen N$100 per voertuig.

Die prysuitdeling is om 18:00 op 17 Augustus. Daarna word 'n ete en dans aangebied wat N$150 per persoon kos. Kinders onder 13 jaar betaal halfprys.

Vir inskrywings en navrae, kontak Jaco Olivier by 081 887 8405.

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer