Dagboek vir die landbouer

04 February 2020 | Landbou
Kompetisie om met skoolfonds te help

Privaatskool Excelsior op Aroab bied ’n kompetisie aan om ouers, wat weens die afgelope droogte swaarkry, te help om skoolfonds te betaal. Kaartjies kos N$50 en groot pryse is op die spel: ses nagte by Gondwana, ’n Tikka-geweer ter waarde van N$39 750, asook jagpakette wat beeste, koedoes, gemsbokke, springbokke en skape insluit. Vir meer besonderhede, kontak Charlene Lombard by 081 401 2548 of stuur ’n e-pos aan [email protected]

Opleidingskamp vir plaaswerkers

Dassies Farm Workers Training bied ’n eerste in sy soort opleidingskamp vir plaaswerkers aan, waartydens praktiese en teoretiese opleiding gegee sal word oor onder meer dosering, die tel van diere, draadspan en tuinbou. Maatskaplike kwessies soos gesondheid en veiligheid, higiëne, geslagsgeweld, kommunikasie, die belangrikheid van ’n plaaswerker en alkohol- en dwelmmisbruik sal ook aangespreek word. Die opleiding begin op 3 April op die plaas Dassiesfontein, 30 km buite Mariental. Inskrywings sluit 28 Februarie 2020 en kos N$2 500. Vir inskrywingsvorms of meer inligting, kontak die organiseerders by [email protected], 081 637 7711 of 081 294 2113.

Agra ProVision-kursusse

Agra ProVision bied die volgende kursusse in Windhoek aan: ’n Lewendehawe-produksiekursus van 4 tot 5 Februarie; ’n lek- en voerkursus van 18 tot 19 Februarie, ’n hidroponiese en akwaponiese kursus van 18 tot 19 Februarie, asook ’n kursus oor kommersiële varkproduksie van 25 tot 27 Februarie. Al die kursussue kos N$2 300 per persoon, buiten die kursus oor varkproduksie, wat N$2 750 per persoon kos. Kontak Agra Provision by 061 290 9208 of [email protected]

Soortgelyk

 

Steeds geen kontrak vir diens aan Psemas

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Die staat se mediese fonds (Psemas) se nuwe kontrak met gesondheidsdiensverskaffers wat reeds sedert 2017 sloer, is weer uitgestel, die keer tot...

Beeste uit Botswana vul tekort aan

10 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Sowat vier maande nadat Botswana sy grens vir die uitvoer van lewende slagbeeste na Namibië oopgestel het, kon Meatco op Dinsdag 18...

Weer, Woensdag 26 Februarie 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en baie warm weer sal in die Kunene-Wesstreek heers. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde,...

Samherji-werkers afgelê

10 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw – Sowat 210 werknemers van die vaartuie MV Saga en MV Geysir gaan aanstaande maand afgelê word. Die werknemers is vroeër vandeesmaand gestrand...

Posisioneer jouself betyds vir groter wins

10 ure gelede | Landbou

Christo du Plessis, Dierevoedingskundige: Feedmaster – In hierdie artikel kyk ons na die sleutelkwessies in rooivleisproduksie wat wins dryf, en hoe fosforaanvulling produsente se winsgewendheid...

N$14 miljoen vir kragprojek bewillig

10 ure gelede | Regering

Yandi du Plessis - ’n Sooispitseremonie vir die voorsiening van krag aan die Otjomuise- en Havana informele nedersettings het Vrydag in Otjomuise in die hoofstad...

Houthandel: Bewerings van vuilspel

10 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Die ministerie van landbou, water en bosbou het onlangs erken gevalle van onwettige houtoeste het wel plaasgevind sedert ’n moratorium op oeste...

Lesersfoto's 26 Februarie 2020

10 ure gelede | Lesersfoto's

Lesersfoto's 26 Februarie 2020

More power, features, fun and adventure

10 ure gelede | Motors

Fans of the evergreen Mahindra Scorpio are in for a treat with the launch of the upgraded S11 model.With this upgrade to the vehicle's engine...