Dagboek vir die landbouer
Kompetisie om met skoolfonds te help
Privaatskool Excelsior op Aroab bied ’n kompetisie aan om ouers, wat weens die afgelope droogte swaarkry, te help om skoolfonds te betaal. Kaartjies kos N$50 en groot pryse is op die spel: ses nagte by Gondwana, ’n Tikka-geweer ter waarde van N$39 750, asook jagpakette wat beeste, koedoes, gemsbokke, springbokke en skape insluit. Vir meer besonderhede, kontak Charlene Lombard by 081 401 2548 of stuur ’n e-pos aan [email protected].
Opleidingskamp vir plaaswerkers
Dassies Farm Workers Training bied ’n eerste in sy soort opleidingskamp vir plaaswerkers aan, waartydens praktiese en teoretiese opleiding gegee sal word oor onder meer dosering, die tel van diere, draadspan en tuinbou. Maatskaplike kwessies soos gesondheid en veiligheid, higiëne, geslagsgeweld, kommunikasie, die belangrikheid van ’n plaaswerker en alkohol- en dwelmmisbruik sal ook aangespreek word. Die opleiding begin op 3 April op die plaas Dassiesfontein, 30 km buite Mariental. Inskrywings sluit 28 Februarie 2020 en kos N$2 500. Vir inskrywingsvorms of meer inligting, kontak die organiseerders by [email protected], 081 637 7711 of 081 294 2113.
Agra ProVision-kursusse
Agra ProVision bied die volgende kursusse in Windhoek aan: ’n Lewendehawe-produksiekursus van 4 tot 5 Februarie; ’n lek- en voerkursus van 18 tot 19 Februarie, ’n hidroponiese en akwaponiese kursus van 18 tot 19 Februarie, asook ’n kursus oor kommersiële varkproduksie van 25 tot 27 Februarie. Al die kursussue kos N$2 300 per persoon, buiten die kursus oor varkproduksie, wat N$2 750 per persoon kos. Kontak Agra Provision by 061 290 9208 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie