Dag by Omeya vul ernstige behoeftes aan

Gholf
Die heel eerste Christmas Cup Charity Drive gholftoernooi word môre by die Omeya-baan suid van Windhoek gespeel.

Die Christmas Cup is een van Omeya-gholfklub se bestaande toernooie, maar twee bekende klublede, Gerbie van Wyk en Dan Zwiebel, het die taak op hulle geneem om die bykomende aspek van geldinsameling vir 'n welwillendheidsaak by te werk.

Vir vanjaar se eerste weergawe hiervan sal die Dierebeskermingsvereniging van Namibië en die Side by Side Intervention Centre die begunstigdes wees. Laasgenoemde is 'n tuiste in die township Goreangab wat verskillende ondersteuningsdienste aan kinders met gestremdhede en hul families lewer.

Teen gister is die volle moontlike veld van 72 spelers ingeskryf vir die toernooi wat om 10:00 met 'n “shotgun start” begin.

Die organiseerders bedank die titelborg Twizza en medeborge Gondwana Collection Namibia, Checkers, Neo Paints en Omeya gholfklub vir hul ruim ondersteuning en sien uit na 'n prettige dag met aanloklike pryse en 'n suksesvolle veiling om broodnodige geld in te samel.



Die afslaangroepe om 10:00 by die onderskeie putjies is soos volg:

1 E. de Villiers, R. van der Merwe, H. Zeelie, KJ Smith.

2 G. Lambert, G. Wise, W. Prinsloo, C. Schoeman.

3 J. Muller, F. Hanekom, C. Harwin, M. Louw.

4 J. Lungameni, L. Haraseb, T. Nehoya, B. Damon.

5 J. Roos, O. Roos, B. Roos, P. Van Niekerk.

6 H. Villet, D. Kock, E. Verburg, C. du Plessis.

7 L. Dreyer, A. Kuhn, G. van Wyk, D. Zwiebel.

8 D. Holtzhausen, D. Holtzhausen, P. de Beer, R. de Beer.

9 A. van Dyk, N. Hendrikse, J. Faber, A. Haasbroek.

10 C. du Plessis, A. Visser, J. Steyn, A. Britz.

11 G. de Wet, J. Theron, B. Buitendag, T. Punzul.

12 P. Verburg, L. Haasbroek, H. Mouton, J. Pieterse.

13 M. Reiter, N. Stewart, A. Stewart, D. Winter.

14 W. Meyer, L. Duvenhage, J. Steenkamp, B. Nel.

15 A. Smit, G. Fransman, J. Knoetze, D. Pienaar.

16 H. de Villiers, S. de Villiers, R. Liebenberg, S. Venter.

17 E. Wessels, M. Engelbrecht, E. Lofty-Eaton, D. du Rand.

18 D. Malan, J. van Reenen, G. Howard, R. Luyt.

Kommentaar

Republikein 2025-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer